Kaapstad kry toekenning vir stedelike vernuwing

Stad Kaapstad het ‘n internasionale eretoekenning vir stedelike vernuwing ontvang vir sy vennootskap met die Wes-Kaapse Nywerheid-simbiose program. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê erkenning is op die vyfde internasionale toekennings-plegtigheid aan die Kaapstadse program gegee vir die ontwikkeling van winsgewende samewerking regdeur verskillende nywerheidsektore. Dit kan ondernemings in staat stel om onder-benutte en afval-bronne van ander maatskappye, her aan te wend.