Kaapstad, Johannesburg kry gratis platform vir dienslewering

Die eerste fase van die gratis platform vir selfone en tafelrekenaars van My Smart City is bekendgestel. Dit gee aan stedelinge in Suid-Afrika die geleentheid om diensleweringsprobleme aan te meld. ‘n Woordvoerder van Acumen Software, Terence Rei, sê inwoners van Kaapstad en Johannesburg het eindelik ‘n digitale oplossing om hulle te help om diensleweringprobleme op te los en hul gemeenskappe te verbeter. Rei sê die Covid-pandemie het die ontwikkeling van hierdie soort digitale oplossings vir alledaagse probleme versnel.