Kaapstad hoop op beter passasierspoorvervoer

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die aanstelling van die nuwe minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, verwelkom en hoop op die vinnige afwenteling van passasierspoorvervoer na die stad. Passasierspoorvoer in Kaapstad het in duie gestort en bedien nou daagliks net twee persent van alle pendelaars terwyl dit die ruggraat van ‘n bekostigbare, betroubare en veilige vervoerstelsel behoort te wees. Hill-Lewis sê hy sal vandag aan Chikunga skryf om haar te vra om spoorafwenteling as ‘n top-prioriteit te versnel.