Kaapstad gee voorkeur aan programme vir inklusiewe ekonomie

Die Stad Kaapstad sê hy gee voorkeur aan doelwitte in spesifieke nywerhede of sektore wat ‘n meer inklusiewe en volhoubare ekonomie bevorder. Dit sluit die lugtoegang-inisiatief in om vlugte van belangrike bron-markte te verseker en daardeur die stad se beleggingsprofiel en die Cruise Cape Town-program ‘n hupstoot te gee. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê hierdie programme het Kaapstad in staat gestel om onlangse wêreldwye ekonomiese storms te oorleef: