Kaapstad brei skuilings uit vir haweloses
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, verwelkom die goedkeuring van die planne vir ‘n veilige skuiling vir 300 haweloses wat sal help om meer mense van die strate van die middestad te verwyder. Die skuiling, bekend as Safe Space, word op ‘n deel van die grond by die munisipale depot in Ebenezerweg in Groenpunt opgerig en sal van vroeg volgende jaar in bedryf wees. Hill-Lewis sê die goedkeuring beteken dat daar nou 780 beddens in dié skuilings in Kaapstad is, insluitend twee in Culemborg in die oostelike deel van die middestad.