Kaapstad begin weer Geensny-veldtog

Die Stad Kaapstad se afdeling vir Ontspanning en Parke het met sy jaarlikse Geensny-veldtog afgeskop as deel van ‘n omgewingspoging om bioverskeidenheid aan te moedig en volhoubare tuinmaakpraktyke te bevorder. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste, Patricia van der Ross, sê die plan behels dat gras op sekere plekke nie gesny word nie, veral openbare groen ruimtes en tuine. Sy sê dit is om ekologiese prosesse te help beskerm om die groei van kenmerkende fynbos aan te moedig.