Kaapse vakansiegangers sal getypoele op strande in die somer geniet

Die Stad Kaapstad het begin om daadwerklik aandag te gee aan die instandhouding van die 22 getypoele langs die kuslyn, ter voorbereiding van die toestroming van besoekers in die somer. Getypoele is belangrike infrastruktuur aangesien dit strandgangers toelaat om die kuslyn te geniet en veilig in die see te swem. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê Kaapstad se getypoele het ‘n ryk geskiedenis, met sommige wat reeds in 1903 gebou is: