Kaapse melkproduksie vertoon goed

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê al het die getal melkboere in Suid-Afrika sedert Januarie 2015 met 46 persent afgeneem, het produksie met 7,2 persent toegeneem. Die provinsie is die tuiste van 33 persent van die land se melkboere. Meyer sê hulle is verantwoordelik vir 30,6 persent van die land se varsmelkproduksie, gevolg deur die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal: