Kaapse-landbou belangrike werkgewer

Agri Wes-Kaap het aangekondig die president van die unie, Villiers Loubser van Durbanville, is as president herkies terwyl Heinie du Toit van die Koue Bokkeveld weer die adjunk-president is. ‘n Boer van Malmesbury, Liam Viljoen, is ook herkies as voorsitter van Agri Wes-Kaap. Loubser sê een uit elke vyf Suid-Afrikaanse plaaswerkers is in die Wes-Kaap en dit bring ‘n groter verantwoordelikheid om die sektor te laat aanhou groei: