Kaapse heuningbye dalk verantwoordelik vir pikkewyn vrektes

Kaapse heuningbye is vermoedelik verantwoordelik vir die vrektes van 63 bedreigde
brilpikkewyne by Boulders-strand in Simonstad. Die Kaapstadse kantoor van Suid-
Afrikaanse Nasionale Parke ondersoek die vrektes. Die dooie pikkewyne is na die Suid-
Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls in Table View vir nadoodse
ondersoek en vergiftigingstoetse geneem. SANParke sê geen van die voëls het enige
beserings nie, behalwe veelvuldige bysteke oor hulle lywe. Dooie bye is ook op die
toneel gevind.