Kaapse hawe kort ingryping

Die korporatisering van die Kaapstadse hawe is ‘n stap in die regte rigting maar meer moet gedoen word om ondernemings in die Wes-Kaap te ondersteun. Dit is die mening van Deidré Baartman van die DA. Die hawe het reeds meer as drie maande aan bedryfs-tyd verloor weens swak weerstoestande en stadige omset, wat tot gevolg gehad het dat baie skepe nie by die hawe aangedoen het nie. Baartman sê hulle het vernuwende oplossings nodig om die hawe se betroubaarheid te verseker. Dit sluit die outomatisering van prosesse in: