Kaapse DBV steun strenger maatreëls vir Amerikaanse veghonde

Die Kaap die Goeie Hoop DBV sê hy steun nie die versoekskrif om Amerikaanse veghonde te verbied of te verban nie. Hy is egter wel ten gunste daarvan om strenger maatreëls met betrekking tot die aanhou en teel van baie sterk honderasse te ontwikkel en in te stel. Die hoofinspekteur, Jaco Pieterse, sê hoewel die DBV se opdrag die voorkoming van wreedheid teenoor diere en die bevordering van die goeie versorging van diere is, is hulle ook besorg oor menselewens.