Kaap moet spaarsamig werk met water

Die Stad Kaapstad se Direktoraat vir Water en Sanitasie maan inwoners om versigtiger te wees met die gebruik van water. Die huidige reënval is merkbaar laer as die vorige hidrologiese jaar. Kaapstad se damvlakke is tans 75,5-persent; in die ooreenstemmende tyd verlede jaar was damvlakke 97,5-persent. ʼn Woordvoerder vir die stad, Zahid Badroodien, sê hulle het tydens die droogte geleer om ʼn versigtige benadering ten opsigte van waterbronbestuur te volg en risiko’s te vermy: