K2G: Doen nou aansoek vir jou onderneming

Die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad nooi alle medium en klein sakeondernemings om te registreer vir sy Know to Grow-program. Die program, bekend as K2G, staan dié sakeondernemings by met internasionale besigheidskakels, handelsmissies, handelskoue, afrigting en mentorskap, produktoetsing, -sertifisering en -lisensiëring, en verbeterings aan besigheidsmodelle en prosesse waar nodig. Die ondersteuning is gratis en waar fondse benodig word, sê die raad dit sal verskaf word. Daar is kwalifiserende kriteria wat op die raad se webtuiste beskikbaar is. ‘n Vorm kan aanlyn ingevul word om te bepaal of die betrokke aansoeker kwalifiseer vir die program.