Jy dink Namibiese inflasie is hoog? Kyk vir Angola…

Namibiese inflasie het in Desember op 4,5 persent ingekom, 0,4 persent hoër as die 4,1 persent wat in November aangeteken is. Maar, dit wil voorkom asof ons met die witbrood onder die arm kla. Angola se Desember inflasie is op 27,03 persent gemeet. Robert McGregor, ‘n ekonoom by Cirrus in die hoofstad wat die ontleding gedoen het, sê die buurland se geldeenheid knetter.