Justisie moet polisie bystaan

Selfverklaarde profete word ‘n daadwerklike uitdaging vir die Namibiese polisie. Volgens hoofinspekteur Christine da Fonsenca is al die nodige wetgewing om die kwessie ordentlik te polisieer, nie in plek nie. Die kwessie van kerke en hulle sogenaamde profete is weer in die nuus na drie gemeentelede verlede week in die noorde van die land dood is na die kerkleier vir hulle ‘reinigende medisyne’ ingegee het. De Fonseca het die uitdagings so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.