Justisie in buurland maak vordering na kuberaanval

Die Suid-Afrikaanse departement van Justisie en Korrektiewe Dienste sê hy maak vordering in die proses om ‘n aantal aanlyndienste te heraktiveer. Dit volg op ‘n kuberaanval in September. Die woordvoerder, Steve Mahlangu, sê die span het verseker onderhoudgeld vir kinders en begunstigdes word so min moontlik ontwrig.