Justin Bieber gaan voort met sy wêreldtoer

Justin Bieber het aangekondig hy gaan sy Justice-wêreldtoer op die 31 Julie by die Lucca-somerfees in Italië hervat. Die Kanadese sanger is met Ramsay Hunt-sindroom gediagnoseer en moes verlede maand ‘n reeks Noord-Amerikaanse toere uitstel. Die seldsame virus het in Bieber se geval gesigs-verlamming veroorsaak. Ná sy besoek aan Italië het hy nog vyf konserte in Europa voor hy in September na Suid-Amerika vertrek. Hy tree ook op 28 September in Kaapstad op en 1 Oktober in Johannesburg.