Junius sê onwettige taxi’s sal aangespreek word

Die burgemeester van Rehoboth, Enrico Junius sê die kwessies wat geopper is in die petisie deur lang-afstand vervoeroperateurs is gegrond. Daar is groot kommer oor onwettige taxi’s wat bedrywig is op die roete tussen Windhoek en Rehoboth. Junius sê helfte van Rehoboth is werksaam in die hoofstad en die kwessie moet aandag geniet.