Jumbo Charcoal se brand is onder beheer

Die eienaar van Jumbo Charcoal net wes van Okahandja, Ian Galloway, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die aanleg is nie aan die brand nie. Hy sê die fynkole brand op die oomblik maar sake is onder beheer. Die brandweer is reeds op die toneel. Daar is vroeër berig dat hulp benodig word maar dit wil voorkom asof die brand nie verder uitkring nie.