Julius Malema sê hy is bly ANC het minder as 50% stemme gekry

Die EFF-leier, Julius Malema, sê sy party is bly die ANC het minder as 50 persent stemme in die munisipale verkiesing gekry. Hy het die Suid-Afrikaners by die OVK se uitslagsentrum in Tshwane toegespreek. Die ANC loop voor met 45,59 persent, gevolg deur die DA met 21,59 persent en die EFF is derde met 10,32 persent. Malema sê die mense van Suid-Afrika het gestem en hulle respekteer die uitslag.