Josephine Baker eerste swart vrou by Panthéon-monument begrawe

Josephine Baker sal in November die eerste swart vrou wees wie se oorskot by die Panthéon-monument in Parys begrawe word. Dit is een van die hoogste blyke van verering in Frankryk. Die Élysée-paleis beskryf in ‘n verklaring die legendariese vermaakkunstenaar wat in 1975 dood is, as die vergestalting van die Franse gees. Baker het haar loopbaan in Amerika begin, maar ‘n bekende naam geword toe sy na Parys verhuis het. Sy het in die Tweede Wêreldoorlog ‘n spioen geword en in die geheim inligting aan die Franse Weermag oorgedra terwyl sy voor die Nazi’s opgetree het.