Joost se broer word steeds ondersoek

Die Suid-Afrikaanse polisie het ontken dat die saak teen Pieter van der Westhuizen afgehandel is na ‘n skietvoorval by ‘n kerk in Centurion, Gauteng, verlede jaar. Volgens berigte vroeër die week is die saak teen die broer van die legendariese Springbok, Joost, teruggetrek nadat daar bevind is dat hy tydens ‘n kerkdiens twee gewapende rowers uit selfverdediging doodgeskiet het. ‘n Polisiewoordvoerder, Mathapelo Peters, sê egter die saak word steeds ondersoek.