Jongste oor riviere in Zambezi-streek

Die meeste Namibiese nedersettings langs riviere, veral in die Zambezi-streek, ly dikwels onder vloede tydens reënseisoene. By tye styg die riviervlakke so hoog dat huise oorstroom word. Nedersettings word van dienste afgesny en leerders sukkel om by hul skole uit te kom. Kosmos 94.1 Nuus het Maiba Saisai, die hoofbewaarder van die omgewingsministerie in die streek, gepraat.