
Britse polisiekommissaris: Prins Andrew nie bo die wet verhewe - August 12, 2021
Die Britse metropolitaanse polisiekommissaris, Cressida Dick, sê niemand is bo die wet verhewe nie. Sy is uitgevra oor bewerings van seksuele aanranding teen Prins Andrew. Dick het met internasionale media gepraat nadat Virginia Giuffre vroeër hierdie week ‘n siviele klag teen die Hertog van York in die VSA ingedien het, en beweer het hy het […]
Dr. Job Amupanda ontvang glo doodsdreigemente - August 12, 2021
Die Affirmative Repositioning-beweging het vandag tydens ‘n mediakonferensie in die hoofstad gesê hul leier, dr. Job Amupanda, ontvang doodsdreigemente. ‘n Aktivis, Dimbulukweni Nauyoma, sê die doodsdreigemente teen Amupanda is deur die intelligensiediens en sekuriteitsmagte bevestig.
Kommer oor nóg werksverliese - August 12, 2021
Volgens bronne in die Namibiese arbeidsektor, is meer as 500 werknemers weens die Covid-pandemie tussen April en Junie landwyd afgedank wat tot ‘n ekonomiese insinking kan lei. Daan Strauss, sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie, sê daar heers inderdaad kommer, want as die ekonomie nie spoedig herstel nie, gaan nog werksverliese gely word.
Stad Windhoek: Politieke partye onderteken koalisie-ooreenkoms - August 12, 2021
Ná agt maande se heen en weer politiekery tussen partye in die Windhoekse stadsraad, is ‘n koalisie-ooreenkoms uiteindelik vandag tussen die partye onderteken. Nudo se sekretaris-generaal, Joseph Kauandenge, het by die mediakonferensie gesê die partye kon daarin slaag om hul verskille opsy te skuif en almal ondersteun die koalisie-ooreenkoms. Die Windhoek-koalisie is gevorm tussen die […]
Namibië Genetiese Veiling as suksesvol beskryf - August 12, 2021
Boere wat aan die Namibië Genetiese Veilingsgroep by die Agra Bank Windhoek Ring in die hoofstad deelgeneem het, het ‘n gemiddeld van 39 000 Namibiese dollar vir bulle en sowat 24 000 Namibiese dollar vir verse en koeie gekry. Tydens die veiling, wat ook aanlyn aangebied is, is 120 beeste, 40 bulle en 80 verse […]
Daling in Covid-sterftes - August 12, 2021
Volgens High Economic Intelligence het Namibië ‘n totaal van 1 619 Covid-gevalle in die afgelope week gerapporteer wat gelykstaande aan 231 Covid-gevalle per dag is. Altesaam 114 sterftes is ook gerapporteer wat ‘n gemiddeld van 16 sterftes per dag is, 38 persent minder as die vorige week. Altesaam 8 290 mense het ook verlede week […]
NamibRe skenk N$50 000 aan Mej. Namibië-kompetisie - August 12, 2021
NamibRe het die Mej. Namibië-kompetisie vroeër vanjaar met 30 000 Namibiese dollar geborg en het nou ‘n bykomende 20 000 Namibiese dollar aan Mej. Namibië 2021, Chelsi Shikongo, en haar twee prinsesse geskenk. NamibRe se direkteure het vandag die oorhandiging aan die wenners gedoen. Chelsi Shikongo, Mej. Namibië 2021, sê met dié skenking kan hulle […]
Erongo ent byna 1 500 mense op een dag in - August 12, 2021
Die Erongo-streek se goewerneur Neville Andre Itope is tevrede met sy streek se inentingsveldtog met 1 496 mense wat op een dag ingeënt is. Die streek se teiken is om eenduisend mense per dag in te ent. Voorheen is sowat 400 mense per dag in Erongo ingeënt. Gondwana Collection Namibia gaan in samewerking met die […]
Stad Tshwane, Dokters Sonder Grense begin gesondheidsprojek - August 12, 2021
Die Stad Tshwane, in vennootskap met Dokters Sonder Grense, sal vandag met ‘n inklusiewe en volhoubare gesondheidsorg-projek begin. Die departement se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die bekendstelling volg nadat ‘n ooreenkoms onderteken is tussen die twee instellings met die oog op verskaffing van gesondheids-en maatskaplik-verwante dienste. Hy sê die projek sal inwoners van Tshwane se […]
Agt sterf in helikopterongeluk in Rusland - August 12, 2021
Agt mense is waarskynlik dood toe ‘n toeriste-helikopter in die ooste van Rusland in ‘n meer neergestort het. Die Russiese media berig dat 16 mense aan boord die Mi-8 was toe dit in die Kurile-meer in die Kamchatka-skiereiland geval het. Daar is agt oorlewendes. Volgens amptenare lê die helikopter nou op ‘n diepte van sowat […]