
Griekse brandbestryders veg vir negende dag teen brande - August 12, 2021
Griekse brandbestryders stry reeds vir die negende agtereenvolgende dag teen die verwoestende brande daar en is heeltemal uitgeput. Daar is ook veldbrande in Algerië, waar daar reeds 65 mense dood is, en in die suide van Italië, wat deur droë en warm weerstoestande vererger word. Baie lande rondom die Middellandse See – van Turkye tot […]
Las Vegas gaan veiling van 11 werke van Pablo Picasso hou - August 12, 2021
Las Vegas gaan in Oktober een van die grootste en belangrikse kunsveilings ooit aanbied wanneer elf werke van Pablo Picasso onder die hamer kom. Dit sal plaasvind twee dae voor die 140ste herdenking van die Spaanse meester se geboortedag. Die kunswerke word al langer as 20 jaar uitgestal by die restaurant Picasso in die stad. […]
Minister verduidelik Paralimpiese ‘uitdagings’ - August 12, 2021
Die Paralimpiese Spele vind van 24 Augustus in Tokio plaas. Volgens berigte is daar kommer onder die atlete oor wanneer hulle na Japan sal vertrek omdat hulle deelname nog nie deur die sportministerie betaal is nie. Die sportminister, Agnes Tjongarero het dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik. Tjongarero het ook hulle beplande vetrekdatum van […]
Reaksie op Biden se pogings om olieprys af te bring - August 12, 2021
Reaksie word ontvang oor die pogings deur die Biden-administrasie wat met verskeie Opul-lede vergader het, om olieproduksie ‘n hupstoot te gee. Die Amerikaners meen ‘n goedkoper olieprys is die enigste manier om globale ekonomiese herstel te bewerkstellig. Maar, daar is ook in sommige oorde menings dat die opheffing van sanksies teen Iran nodig sal wees. […]
Insette oor hoenderinvoer-protokolle gevra - August 12, 2021
Die ministerie van handel het lede van die publiek en rolspelers in die hoenderbedryf gevra om insette te lewer in verband met die standaard bedryfsprosedure wat die ministerie verlede jaar daargestel vir hoenderinvoere. Die ministerie het in Februarie verlede jaar invoere vanaf 1 500 metrieke ton tot 1 200 metrieke ton beperk om die plaaslike […]
Hospitaal stel virtuele besoeke bekend - August 12, 2021
‘n Hospitaal in KwaZulu-Natal het virtuele besoeke bekend gestel om pasiënte se welstand te verbeter. Die Ahmed Al-Kadi privaat hospitaal in Durban laat familielede nou toe om klank- en video-boodskappe aan pasiënt te stuur. Hospitaalbestuurder Ebrahim Asmal sê hulle het tydens die tweede Covid-19-vlaag bevind pasiënte bly langer in die hospitaal en het ‘n behoefte […]
Dis Wêreld-olifantdag! - August 12, 2021
Vandag word Wêreld-olifantdag herdenk. In Namibië is daar baie groot suksesse behaal met die beskerming van die spesie maar, dit het ook gelei tot toenemende konflik met die mens. Rachel Harris, besturende direkteur van Elephant Human Relations Aid, of te wel Ehra, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Agnes baklei teen verbod op 400m vir Christine, Beatrice - August 12, 2021
Sportowerhede in die land het bevestig dat pogings om toelating vir Christine Mboma en Beatrice Masilingi te verkry om aan die 400-meter deel te neem, duur voort. Die Namibiese sportminister Agnes Tjongarero sê hulle konsulteer op die oomblik met Suid-Afrikaanse owerhede wat hulle geveg het met Caster Semenya. Tjongarero het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Swapo raak senuagtig vir landsburgers – kenner - August 12, 2021
Dit wil voorkom asof die regering effe senuagtig is vir optogte en protesaksies. Daar is kort na President Hage Geingob se staatsrede op 15 April tydelike versperring aangebring by die parlementstuine in die hoofstad. Dit is steeds in plek en nou word ‘n permanente heining om die tuine opgerig. ‘n Parlement is veronderstel om die […]
NamWater het steeds niks gehoor oor watertariewe nie - August 12, 2021
NamWater het reeds ‘n geruime tyd gelede sy voorstelle vir ‘n opwaartse aanpassing in die watertarief aan die kabinet oorhandig. Geen water verhogings is tot dusver aangekondig nie en Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van die watervoorsiener Abraham Nehemia gepraat. Nehemia het ook sy kommer uitgespreek oor die impak op NamWater […]