Man City vier steeds fees

Manchester City se ondersteuners vier steeds fees nadat die span gisteraand die Engelse Premierskaps-titel die vyfde keer opgeraap het. Die span is as kampioene gekroon nadat Manchester United teen Leicester verloor het, en bestuurder Pep Guardiola en sy span hulle derde titel die afgelope vier jaar ingepalm het. Hy het City gehelp om sedert 2016 agt belangrike trofeë te […]

Read More

Indiese owerhede het kommer ook lyke wat gestort word in Ganges

Federale owerhede in Indië het provinsiale regerings gemaan om te verhoed dat liggame van persone wat dood is aan Covid-19 in die Ganges-rivier gestort word. In die afgelope paar dae is ten minste 96 liggame in die rivier in die Bihar en Uttar Pradesh provinsies opgemerk. Owerhede sê pogings om die persone te identifiseer het […]

Read More

Grace het nie Shona-tradisies gevolg nie, Mugabe dalk oorbegrawe

Die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, Grace Mugabe is oor die kole gehaal deur ‘n invloedryke tradisionele leier Hoofman Zvimba van die Shona-volk. Na wat berig word het sy nie haar ontslape man, die voormalige president, Robert Mugabe korrek begrawe nie. Sy meot voor die tradisionele owerheid verskyn en ‘n boete betaal. Berigte lui ook dat […]

Read More

Besigheidseienaars word opgelei

SME’s Compete bied ‘n program aan om jong mense op te lei oor hoe om ‘n besigheid te bestuur. Die drie daagse program behels verskillende besigheidsaspekte. Danny Meyer van SME’s Compete het meer oor die kursus.

Read More

Lühl-Delgado kinders moet aansoek doen by Meksiko

Plaaslike media berig dat Namibiese owerhede van Binnelandse Sake die twee-jarige seun van Phillip Lühl en Guillermo Delgado, Yona, met ‘n sogenaamde bruin paspoort voorsien het sodat hy na Suid-Afrika kan reis en daar aansoek doen vir Meksikaanse burgerskap. Die bruin paspoort word gebruik vir vlugtelinge wat geen geboorteland het nie. Delgado is afkomstig van […]

Read More

Israel verklaar noodtoestand in Lod

Israel het ‘n noodtoestand in die stad Lod verklaar. Daar word berig Lod was die toneel van twee nagte se oproerigheid deur Arabiese Israeli’s waartydens sinagoges en Joodse skole volgens berigte aan die brand gesteek is, terwyl Israel se interne stryd dreig om meer ontwrigtend as die vuurpylaanvalle uit Gasa te wees. Minstens 40 mense […]

Read More

Lande behandel mekaar nie so nie – Mbumba

Die Adjunk President Nangolo Mbumba het sy misnoeë uitgespreek oor kritiek dat President Hage Geingob vandag die Ugandese President Yoweri Museveni se inhuldiging in Kampala bywoon. Kritici meen dat Museveni het nie op ‘n regverdige manier die afgelope verkiesing gewen nie. Mbumba het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Nantu stap saam met NBC

NBC-werkers wat sedert 23 April staak, gaan, saam met verskeie vakbonde, vandag ‘n landswye vreedsame protesoptog hou. Petisies sal by verskeie kantore oorhandig word. Die onderwysvakbond Nantu sê hy staan in solidariteit met die werkers en neem deel aan die optog wat nou begin. Die Sekretaris-Generaal van Nantu, Gades Andumba, het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

SAL Tegnies se inkomste daal met 83%

Die waarnemende Uitvoerende Hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Tegniese afdeling, Terrence Naidoo, sê hulle kan nie op tussen-maatskappy-lenings of finansiële reddingsboeie staatmaak om bedrywighede te steun nie. SAL Tegnies se inkomste was in Maart 83 persent minder op 43 miljoen Namibiese doller teenoor sowat 246 miljoen doller ‘n jaar tevore. Naidoo sê die onderneming […]

Read More

Plaagdooders in SA is baie gevaarlik

Gevaarlike plaagdoders wat Europese landbouchemikaliese maatskappye op die Suid-Afrikaanse mark verkoop is skadelik vir plaaswerkers en boere in die land. Dit is volgens ‘n nuwe verslag deur die Rosa Luxemburg-stigting, die Inkota-netwerk en Pan Germany. Die verslag sê ses van agt aktiewe bestanddele wat as karsinogenies beskou word en met menslike geslagsvoortplanting inmeng, is op […]

Read More