Die Veiligheidsraad van die VN vergader vandag oor konflik tussen Israel en militante Palestyne.

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gaan vandag die toenemende geweldpleging tussen Israel en Palestynse militante in die openbaar bespreek. Diplomate het ‘n kompromie bereik oor Amerikaanse besware teen die tydsberekenening van die bespreking. Die vyandighede duur voort, met geen teken dat dit afneem nie. Nuusagentskappe berig die raad se 15 lede reeds twee keer privaat […]

Read More

Oud president Zuma môre weer terug in die hof

Oud president Jacob Zuma van Suid-Afrika en die Franse wapenmaatskappy Thales moet môre weer in die hof verskyn in die korrupsiesaak teen hulle. Volgens berigte uit die buurland sal die saak waarskynlik weer uitgestel word as Zuma sonder ‘n regspan by die hof opdaag. Sy regspan het reeds vroeër bekendgemaak dat hulle nie verder Zuma […]

Read More

Daar is 164 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig.

Daar is 16 leerders, 5 onderwysers, 2 studente en 12 gesondheidswerkers onder die 164 nuwe Covid-19 gevalle in die land. Die aktiewe gevalle staan op 2 343 waarvan 228 in die hospitaal en 66 in intensiewe sorg eenhede behandel word. 48 049 Gevalle het dusver herstel en daar is reeds 50 222 mense teen Covid-19 […]

Read More

SA regering veroordeel aanvalle van Israel op Palestyne

Die Suid-Afrikaanse regering het die aanvalle van Israel op Palestynse burgers veroordeel.Die buurland se regering het gevra vir ‘n ondersoek na moontlike oorlogsmisdade en gesê die saak moet na die Internasionale Strafhof verwys word. Intussen het ANC-leiers en ander groepe ‘n beroep op die regering gedoen om die ambassade van Israel in Pretoria te sluit. […]

Read More

Ashleigh Barty onttrek aan die Italiaanse Ope weens armbesering

Tennis: Die wêreld se voorste vrouespeler, Ashleigh Barty, het in die kwarteindronde van die Italiaanse Ope weens ‘n besering onttrek – slegs twee weke voor Roland Garros. Die eerste gekeurde Australiër het 6-4, 2-1 voorgeloop toe sy behandeling moes kry tydens haar wedstryd teen die Amerikaner Coco Gauff. Die Vroue-tennisvereniging sê Barty het haar regterarm […]

Read More

Ace gaan nog nie verskoning vra nie

Die ANC se geskorste hoofsekretaris, Ace Magashule, het volgens berigte gesê hy sal slegs in die openbaar om verskoning vra vir sy poging om president Cyril Ramaphosa te skors as ‘n hof hom beveel om dit te doen. Die gewese premier van die Vrystaat het hofstukke ingedien by die Hooggeregshof in Johannesburg om sy skorsing […]

Read More

President Geingob wil nie nou ingryp in arbeidsgeskil by die NBC nie

Die Minister in die Presidensie het gereageer op ‘n versoek van die Namibiese Media Professionele Unie, Nampu, vir die president om in te gryp in die arbeidsgeskil by die NBC. Volgens minister Christene //Hoebes, is die president jammer dat personeel by die openbare uitsaaier met stakings begin het voordat gesprekvoering om die arbeidsgeskil op te […]

Read More

SA Sewes-rugby wys hulle diepte

Rugby: Die diepte van die Suid-Afrikaanse Sewes-groep is vertoon op die Rugby Afrika-Solidariteits-seweskamp in Stellenbosch, waar albei spanne sterk vertonings gelewer het. Die SA 1-span het Uganda 36-5 en Kenia 38-7 verslaan, maar 21-12 teen die SA 2-span verloor. Afrigter Neil Powell sê die plaaslike spanne moes by die strukture gebly het toe hulle teen […]

Read More

Oud president Zuma Maandag weer in die hof

Oud president Jacob Zuma van Suid-Afrika en die Franse wapenmaatskappy Thales moet Maandag weer in die hof verskyn in die korrupsiesaak teen hulle.Volgens berigte uit die buurland sal die saak waarskynlik weer uitgestel word as Zuma sonder ‘n regspan by die hof opdaag. Sy regspan het reeds vroeër bekendgemaak dat hulle nie verder Zuma se […]

Read More

Skotse parlementslid lê ampseed in Shona af

‘n Skotse parlementslid wat in Zimbabwe gebore is en grootgeword het, het groot opwinding op sosiale media veroorsaak deur haar ampseed in Shona af te lê. Maggi Chapman sê volgens berigte sy wou ‘n bietjie van Afrika na die Skotse Parlement bring. Sy voeg by haar ma het in Zimbabwe die verrigtinge dopgehou in die […]

Read More