EIF hou Vrydag sy derde Volhoubare Ontwikkeling-toekennings-geleentheid

Die Environmental Investment Fund of Namibia hou eerskomende Vrydag sy derde Volhoubare Ontwikkeling-toekennings-geleentheid. Die Korporatiewe Kommunikasiebeampte van die EIF Nicole van Wyk het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is 9 kategorieë vir organisasies en individue wat aansienlik tot volhoubare ontwikkeling bygedra het. Sy sê die toekennings is verskeie kere uitgestel weens die Covid-pandemie.

Read More

Dis vandag internasionale seunsdag

Dis vandag internasionale seunsdag.Die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se forum vir mans in samewerking met ScoutSA, speel vandag gasheer vir seuns in Florida, Johannesburg. Hulle sal raad ontvang oor kwessies soos gedragsverandering, emosionele intelligensie en geestelike opheffing. Die departement sal ook toesien dat daar ‘n omvattende en volhoubare program is wat deur bemagtiging en […]

Read More

SA regering wil Israel se gedrag laat ondersoek

Die Suid-Afrikaanse regering wil Israel se gedrag laat ondersoek en na die Internasionale Strafhof verwys weens misdade teen die mensdom. Die buurland se regering het weer die toenemende geweld tussen Israel en Palestina veroordeel. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê aanvalle op kinders, vroue en bejaardes is veral onregverdig en skandelik. Die woordvoerder […]

Read More

Reeds meer as 50 duisend mense in die land reeds teen Covid-19 ingeënt

Daar is volgens die Namibiese Ministerie van Gesondheid reeds 50 222 mense teen Covid-19 ingeënt in die land.Die ministerie het ook 164 nuwe gevalle bevestig. . Windhoek 62, Rehoboth 24,Luderitz 11 en Eenhana en Gobabis onderskeidelik 10 elk. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 343 aktiewe gevalle , 48 […]

Read More

Kusbestemmings redelik besig die naweek

Van die kusbestemmings is volgens berigte redelik besig die naweek met baie Namibiërs wat dit as ‘n langnaweek gebruik en die wegbreek kans benut. Volgens Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheids Inisiatief is daar geen ernstige ongelukke dusver die naweek aangemeld nie.

Read More

Tswane-metro help ontwikkelende boere

Die Tshwane-metro in Suid-Afrika se Departement van Omgewings- en Landboubestuur het sertifikate aan 18 ontwikkelende boere oorhandig wat ‘n vaardigheidsprogram in beesvleis-produksie voltooi het. Die burgemeesters-komiteelid Dana Wannenburg sê die boere is opgelei in verskeie aspekte van beesvleis-produksie.

Read More

Al Jazeera reageer skerp op Israelse aanval op hulle kantore in Gaza

Die uitsaaier Al Jazeera doen ‘n beroep op alle media- en menseregte-instellings om Israel se bomaanvalle op joernaliste en media-instellings te veroordeel. Dit volg nadat die Israeliese weermag Al Jazeera se kantore in Gaza vernietig het. Die Israeliese weermag het inwoners en huurders in die al-Jalaa-gebou, waar Associated Press en die Middle East Eye se […]

Read More

Inwoners word gevra om Windhoek skoon te hou

Inwoners van Windhoek word gemaan om hul gebiede in die hoofstad skoon te hou. Ná die reënseisoen staan die gras hoog. Dit kan ‘n gevaar vir inwoners inhou met slange en siektes, asook ‘n potensiële risiko vir misdadigers wat in die gras skuil. Die Woordvoerder van Stad Windhoek Lydia Amutenya verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Ace se kanse op sukses met sy hoofsaak teen die ANC maar skraal volgens politieke kenner

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Ralph Mathekga betwyfel die geskorste ANC-sekretaris-generaal, Ace Magashule, se kanse op sukses met sy hofsaak teen die party en sy president, Cyril Ramaphosa. Magashule het Vrydag die Hooggeregshof in Johannesburg versoek om die ANC se opsystaanreël onwettig, ongrondwetlik en ongeldig te verklaar. Mathekga sê die voormalige premier van die Vrystaat koop […]

Read More

Die Bulls en die Stormers wen hulle wedstryde in die Reënboogbeker-toernooi

Rugby: Die Reënboogbeker-toernooi gaan op 19 Junie afgesluit word met ‘n geskiedkundige kragmeting tussen noord en suid. Indien die plan werk, sal dit die dubbele toernooi in Suid-Afrika en Europa toelaat om saam te smelt en ‘n gesamentlike wenner op te lewer. In gister se Suid-Afrikaanse kragmetings het die Bulls die Sharks op Loftus met […]

Read More