
Besonderhede oor Zappa se noodlottige ongeluk nie bekend nie - May 1, 2022
Runaldo Hendricks, bekend vir sy rol as Zappa in die Afrikaanse reeks Getroud met Rugby, is Saterdag in ‘n motorongeluk oorlede. Hendricks, 27, se storielyn is onlang klaar geskiet en daar word berig dat hy sou terugkeer vanaf Pretoria na die Paarl om sy fiksheidsondermening weer op dreef te kry. Hy het ‘n vriend se […]
Bolsonaro is boos vir Leo oor Amasone-aanmerkings - May 1, 2022
Die Brasiliaanse President Jair Bolsonaro is boos vir die Hollywood-akteur Leonardo DiCaprio nadat hy jongmense aangemoedig het om later vanjaar in die land se verkiesings te stem. Dit is nie die eerste keer wat die twee haaks is met mekaar nie. DiCaprio is ‘n uitgesproke klimaataktivis en maak gereeld melding van die behoefte om die […]
Christine doen dit weer in Gaborone! - May 1, 2022
Christine Mboma het weer harte verower met haar uitstekende vertoning by die Internasionale Byeenkoms wat Saterdag in Gaborone, Botswana gehou is. Die byeenkoms dien as kwalifiserende ronde vir internasionale byeenkomste later vanjaar. Mboma het 10,97 in die 100-meter behaal en 21,87 in die 200-meter behaal, en altwee wedlope gewen. Beatrice Masilingi het tydens die 100-meter […]
Itula, Forbes lei IPC, SPYL vergader ook - May 1, 2022
Die Eerste Nasionale Raad van Patriotte van die Independent Patriots of Change-party het Vrydag en Saterdag vergadering in die hoofstad gehou. Die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes, is ingehuldig as die party se adjunk-president en dr. Panduleni Itula is bevestig as die party se presidensiële kandidaat vir die 2024-verkiesing. Die party het reeds sy 2024-verkiesingsveldtog […]
eSwatini-hof weier LGBTQ-groep se aansoek om erkenning - May 1, 2022
Die hooggeregshof in eSwatini, Afrika se laaste monargie waar homoseksualiteit steeds verbied word, het ‘n aansoek om erkenning van die land se voorste LGBTQ-regtegroep van die hand gewys. Sisanda Mavimbela, die uitvoerende direkteur van eSwatini Gender Minorities sê die hof het beslis dat die groep voortdurend seks aan die publiek wil verkoop, wat bog is. […]
Russiese aanvalle duur voort, 20 vlug Azovstal-aanleg - May 1, 2022
Rusland gaan voort met missielaanvalle in die suidelike en ooste van die Oekraïne. Moskou het sy fokus na die Oekraïne se suide en ooste geskuif nadat hy nie daarin geslaag het om die hoofstad Kiëf oor te neem nie. Sy magte het die dorpie Cherson in die suide verower, wat ‘n vastrapplek net 100 kilometer […]
En… die Namib Race begin! - May 1, 2022
Die groot oomblik het uiteindelik aangebreek. Die moordende ultra-marathon, die Namib Race, skop oor ‘n uur af in die Namib-woestyn. Die wedloop duur oor sewe dae en 250 kilometer moet in die mooiste dele van die land afgelê word. Dit is deel van Racing the Planet se Four Deserts ultra-marathon reeks. Oliver Ahrens van Destination […]
GOAN hou in Mei jaarvergadering - April 30, 2022
Verskeie boereverenigings in die land het navraag gedoen oor die vordering van die Gun Owners’ Association of Namibia, oftewel GOAN. Die vereniging is in 2019 gestig om die belange van die Namibiese wapen-eienaars te beskerm. Die huidige voorsitter, Kallie Venzke, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hul algemene jaarvergadering vind op 12 Mei in die […]
SAPS maskerverskaffer skuldig aan pryslading - April 30, 2022
Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika verwelkom die Mededingingstribunaal se besluit waarin bevind word ‘n verskaffer aan die polisie, Tsutsumani Business Enterprises, is skuldig aan buitensporige pryse of pryslading. Dit oortree artikel 8 van die Wet op Mededinging. Die tribunaal het bevind Tsutsumani het die pandemie-krisis uitgebuit deur die polisie tydens die streng inperking in April 2020 […]
Ghislaine is wel skuldig, sê regter - April 30, 2022
‘n Amerikaanse regter het bevind genoeg bewyse bestaan om die Britse sosiale vlinder Ghislaine Maxwell skuldig te bevind op aanklagte van sekshandel met minderjarige meisies. Dit is na sy ‘n aansoek gebring het om haar skuldigbevinding ter syde te stel. Die regter het egter ook ‘n regsoorwinning aan Maxwell toegestaan deur te bevind drie aanklagte […]