
Prys van diesel en lampolie styg in SA - May 3, 2022
Suid-Afrikaanse motoriste sal môre ‘n daling in petrolpryse sien, maar ‘n styging in diesel. Volgens die departement van minerale bronne en energie sal die petrolprys vir 93- en 95-oktaan met 12 sent per liter verminder, terwyl diesel met 0,05-persent swael-inhoud met 98-sent verhoog word en diesel met 0,005-persent swael-inhoud met 92 sent. Die departement sê […]
Kaapstad-mark word opgeknap - May 3, 2022
Die Stad Kaapstad en die Kaapstad-mark het ‘n amptelike ooreenkoms onderteken wat die weg baan vir opknappings van ‘n multi-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Dit sal klein sakemanne, opkomende boere en verbruikers bevoordeel. Volgens ‘n woordvoerder van die stad, James Vos, is die mark noodsaaklik vir voedselverskaffing aan die stad se inwoners:
Cassinga: Geen amptelike herdenking nie - May 3, 2022
Môre word Cassinga-dag plaaslik herdenk. Die dag onthou die ontslape Plan-soldate na die 1978 aanval by die militêre basis Cassinga by Omugulugwombashe. Terwyl daar geen aanduiding is van enige amptelike saamtrek nie, sê die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila daar sal op streeksvlak herdenkings wees.
Nigerië koop potas-voorraad uit noodvoorrade van Kanada aan - May 3, 2022
Nigerië moes in April noodvoorrade van Kanadese potas aankoop nadat die land nie die sleutel kunsmis-bestanddeel van Rusland kon invoer nie weens die impak van Westerse sanksies. Pryse het egter met 250 persent gestyg maar die land se landbou-owerhede sê hy het geen ander opsie gehad nie. Die Internasionale Monetêre Fonds het verlede week gesê […]
Steenhuisen vandag in Kiëf - May 3, 2022
Die DA-leier, John Steenhuisen, is op die oomblik in die Oekraïnse hoofstad, Kiëf. Hy sê hy het gister in Lviv met verskeie leiers vergader en is van plan om ander leiers in beide stede te ontmoet. Steenhuisen sê die besoek is om die skade wat die oorlog aangerig het te bepaal en te sien hoe […]
Kuns in SA vir die ietermagô - May 3, 2022
‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar gaan sy werke uitstal om bewusmaking te verhoog en die ietermago in Gauteng te red. Robbie Rorich sê hy het perspektief gekry deur tyd saam met hulle deur te bring en wou ‘n platform skep waar kuns bewusmaking oor die natuur kan versterk. Rorich se onlangse oseaan-versameling het byna 1 miljoen Suid-Afrikaanse […]
Nabta en ministerie vergader 18 Mei oor taxi-tariewe - May 3, 2022
Terwyl brandstof vannag daal weier die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging om sy aansoek vir ‘n 15 persent verhoging te laat vaar. Daar sal nog vergader word met die ministerie van vervoer om die kwessie verder te bespreek. Brandstof het skerp gestyg in die afgelope jaar soos die sekretaris-generaal van die vakbond, Pendapala Nakathingo verduidelik.
NV het min politieke wil om bateverklarings af te dwing nie - May 3, 2022
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ondersoek ingestel na die verklaring van bates deur parlementslede. Die instituut het bevind dat daar geen werklike belangstelling is deur die Nasionale Vergadering om lede te dwing om hul bates te verklaar nie. Die meerderheid het teen Januarie vanjaar nog nie hul verklarings, wat in Februarie 2021 ingedien mos […]
Onthou, maak eers môre jou tenk vol - May 3, 2022
Namibiese motoriste word daaraan herinner dat die plaaslike brandstofprys vannag om middernag daal en dan sal ‘n liter petrol 1 dollar 20 sent goedkoper wees met diesel wat met 30 sent per liter daal. Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie van myne en energie sê die daling in die heffings is ook vir 90 dae […]
SME-sektor sal meer vanjaar leen - May 3, 2022
Teenstrydig met alle huidige aanduidings glo die plaaslike makelaarsfirma Simonis Storm dat meer krediet aan die SME-sektor verleen sal word in die komende maande. Kleiner besighede was die afgelope tyd traag om lenings aan te gaan, maar volgens Theo Klein, sal die louwarm ekonomiese omgewing banke se aptyt vir risiko aandryf. Hy verduidelik.