
Tara Ocean gooi anker by Walvisbaai - June 1, 2022
Die seilskip van die Franse Tara Ocean-wetenskapstigting wat werk vir die behoud van die see, voer die derde deel van sy wetenskaplike ekspedisie uit: die studie van die Wes-Afrikaanse kus. Tydens sy laaste skof stop die seilskip in sewe lande: Namibië, Suid-Afrika, Angola, die Demokratiese Republiek van die Kongo, die Kongo, Gambië en Senegal. Van […]
Ekonoom: Brandstofprysstyging raak almal - June 1, 2022
Die situasie van die brandstofprysverhoging raak elkeen. First National Bank se Johannesburgse ekonoom, Koketso Mano het gepraat oor die ekonomiese ontleding van die jongste brandstofprysstygings. Dit is in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse regering se aankondiging oor die opskorting van brandstofheffings vir die volgende twee maande. Beide Namibiese en Suid-Afrikaanse verbruikers sal na verwagting steeds die […]
Wes-Kaap het meer as 16 000 buurtwagte - June 1, 2022
Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê daar is 16 084 geregistreerde buurtwaglede in die provinsie. Allen sê tot dusver het meer as 441 geakkrediteerde buurtwagte hulle vaardighede oor die uitroei van misdaad opgeskerp. Hy moedig voornemende buurtwag-groepe aan om by die departement van gemeenskapsveiligheid en hulle plaaslike polisiekantoor aansoek te doen […]
Musiekgroep bespreek haatmisdaad teen Asiate met Biden - June 1, 2022
Die wêreldbekende K-pop-sensasie BTS het Amerika se President Joe Biden by die Withuis ontmoet om haatmisdade teen Asiate te bespreek die behoefte aan insluiting en diversiteit in Amerika te beklemtoon. Tussen Maart 2020 en Desember verlede jaar het die Asiatiese voorspraakgroep, Stop AAPI Hate, meer as 10 000 voorvalle van haatmisdade teen Asiatiese Amerikaners en […]
NamRA se belasting-verligtingsprogram skop vandag af - June 1, 2022
Die Namibiese Inkomste-agentskap het amptelik sy nuwe belasting-verligtingsprogram bekend gestel. Die program skop vandag af en loop volgende jaar Maart tot ‘n einde. Dit word weer deur die aanlynstelsel ITAS gedoen en daar is weer goeie voordele – maar dit is die laaste keer wat die verligting aangebied sal word. Steven Ndorokaze, woordvoerder by NamRA […]
IPPR: Ouditeur-generaal moet groter rol in begrotings speel - June 1, 2022
Volgens Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het Namibië gedaal in die wêreldranglys oor begrotings-deursigtigheid en -aanspreeklikheid wat deur die International Budget Partnership gepubliseer is. Die oop begrotings-opname is die wêreld se enigste vergelykende, onafhanklike en gereelde beoordeling van deursigtigheid, toesig en openbare deelname aan openbare begrotings in 120 lande. Namibië se deursigtigsheidtelling het van 51 […]
Twee beseer in vliegongeluk tussen Stellenbosch en Strand - June 1, 2022
‘n Vliegtuig het neergestort op die R-44 tussen Stellenbosch en die Strand. Netcare 911 het reageer op berigte die vlieënier van ‘n Piper PA-28 Cherokee ligte vliegtuig moes noodgedwonge op die hoofpad land. Die vlieënier en die passasier is albei ernstig beseer. Hulle is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal geneem vir verdere […]
Faf de Klerk gaan vir Yokohama speel - June 1, 2022
Rugby: Die Japanse klub Yokohama Canon Eagles het bevestig hulle het die dienste bekom van die Springbok Faf de Klerk. Die skrumskakel keer terug na die land waar hy Suid-Afrika drie jaar gelede gehelp het om die Wêreldbeker in te palm. Hy verlaat Sale Sharks in Engeland aan die einde van die seisoen. Verskeie ander […]
Kankervereniging hou Saterdag sy Sokkies- en Sop-Saterdag - June 1, 2022
Die Namibiese Kankervereniging hou op Saterdag 4 Junie sy jaarlikse Sokkies- en Sop-Saterdag by MegaCentre in Klein Kuppe in die hoofstad. Die geleentheid duur vanaf die oggend om nege-uur tot die middag twee-uur. Kom geniet romerige hoendersop, groentesop, pannekoek en koop jou warm en kleurvolle sokkies vir die winter. Die Kankervereniging maak staat op fondsinsameling […]
Inwoners van die Illegal informele nedersetting hou vanaand vergadering - June 1, 2022
Inwoners van die Illegal informele nedersetting in Okahandja word uitgenooi na ‘n gemeenskapsvegadering om ses-uur vanaand by die Blikkiesdorp-sokkerveld. Dit volg nadat ‘n vreedsame protesoptog oor eise vir dienslewering op die dorp plaasgevind het. Die vergadering het ten doel om die optog en voornemende vergadering met die dorpsraad te bespreek. Die groep se woordvoerder Sethie […]