Kaapstad se Booi sê hy is onregverdig geskors - May 15, 2023

Kaapstad se geskorste burgemeesters-komiteelid vir menslike nedersettings, Malusi Booi, beweer burgemeester Geordin Hill-Lewis het hom onregverdig geskors na deursoeking en beslaglegging in sy kantoor. Hy is reeds twee maande uit sy amp en sê die polisie het hom steeds nie van beweerde bedrog en korrupsie aangekla nie. Booi het gesê hy hoop om sy werk […]

Read More

Tegniese Advieskomitee oor Fima aangestel - May 15, 2023

Die minister van finansies Ipumbu Shiimi het vandag die Tegniese Advieskomitee oor hoofstuk 5 van die Wet op Finansiële Instellings en Markte, bekend as Fima, ingehuldig. Verlede jaar het Shiimi die implementering van die omstrede wet uitgestel te midde van intense druk van verskeie belanghebbendes om die omstrede klousule oor verpligte behoud van aftreevoordele te […]

Read More

Malema sê EFF is deursigtig - May 15, 2023

Die EFF-leier, Julius Malema, sê die party is gereed om aan Suid-Afrikaners te bewys hy kan ‘n skoon en deursigtige regering verskaf. Malema het tydens ‘n nuuskonferensie gesê die EFF het minder as een persent van die privaat politieke party-skenkings ontvang in die Onafhanklike Verkiesingskommissie se verklaring van politieke befondsing. Hy voeg by sekere privaat […]

Read More

EU ondersteun Tunisië se landbousektor - May 15, 2023

Die Europese Unie en die Italiaanse Agentskap vir Ontwikkeling-samewerking het ‘n vennootskap met die Wêreld-voedselprogram aangegaan om ‘n projek vir ‘n nuwe ondersteunings-meganisme vir Tunisië se landbousektor in te stel. Die projek van 918 miljoen Namibiese dollar sal poog om Tunisië se voedselsekerheid te verbeter. ‘n Deel van die befondsing, 372 miljoen dollar, sal gebruik […]

Read More

Ses leeus in Kenia doodgemaak - May 15, 2023

Mens-dier-konflik is nie net ‘n uitdaging in Namiabië nie. Kleinvee-wagters in Kenia het glo die reg in eie hande geneem en ses leeus doodgemaak nadat ‘n trop hul bokke en ‘n hond aangeval het. Die voorval volg op die onlangse dood van ‘n leeu in Kenia, wat glo die wêreld se oudste is. Tien leeus […]

Read More

Manguaung-gevangene wat e-pos aan minister stuur gedreig - May 15, 2023

‘n Gevangene van die Mangaung korrektiewe sentrum wat e-posse aan die adjunkminister van korrektiewe dienste, Inkosi Patekile Holomisa, gestuur het oor Thabo Bester se ontsnapping, vrees vir sy lewe. Daar word beweer die gevangene het dreigemente van die tronkbeamptes ontvang. Hy het versoek om vir sy veiligheid na ‘n ander tronk oorgeplaas te word. Die […]

Read More

Netumbo: Ministerie moet strategieë implementeer   - May 15, 2023

Die adjunk-eerste minister en minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar ministerie se bestuur aangemoedig om strategieë doeltreffend te implementeer. Nandi-Ndaitwah hoop dat die hul strategiese vergadering suksesvolle beraadslagings sal oplewer, met die uiteindelike doel om die ministerie se strategiese plan van 2017 tot 2022/2023 te ontwikkel, wat bedrywighede vir die volgende twee jaar […]

Read More

DA vaar uit oor Karpowership - May 15, 2023

Die DA beskuldig die ANC-regering daarvan dat hulle beurtkrag as ‘n verskoning gebruik om ‘n kontrak van 20 jaar met die Turkse maatskappy, Karpowership, te sluit, wat bykomende krag aan die netwerk moet verskaf. Die DA-parlementslid Kevin Mileham sê die kontrak is ’n bedrogspul om miljarde rande uit Suid-Afrikaners te swendel. Hy sê die kragkontrak […]

Read More

WGO vra optrede oor bloedarmoede - May 15, 2023

Die Wêreldgesondheids-organisasie vra lande om hul optrede te verskerp om bloedarmoede in vroue van reproduktiewe ouderdom teen 2025 te halveer. Vordering met die afname in bloedarmoede is stadig en die wêreld is nie op koers om die teiken te haal nie. In 2019 het bloedarmoede 40 persent van kinders tussen ses maande en vyf jaar […]

Read More

Man vasgetrek oor twee koekies - May 15, 2023

‘n Namibiese man is in hegtenis geneem by Okakondo-kroeg en supermark by Werda in die Kunene-streek nadat hy glo twee koekies gesteel en ‘n venster gebreek het. Na bewering het die 37-jarige verdagte in oor die toonbank van die supermark gespring, twee koekies gegaps en dit geëet het sonder om daarvoor te betaal. Daarna het […]

Read More