Vermiste toeris dood in Kazak-berge aangetref - May 24, 2023

’n Australiese toeris wat vir drie dae in berge in Kazakstan vermis was, is dood gevind. Die polisie sê hulle het die lyk van Jake Sullivan, 28, naby die Groot Almaty-meer in die Tian Shan-berge op ‘n hoogte van ongeveer 2 500 meter gevind. Reddingswerkers sê hy het geen tekens van ‘n gewelddadige dood getoon […]

Read More

Pirates is gereed om trofee vir eerste keer in 9 jaar terug te wen - May 24, 2023

Orlando Pirates sal Saterdag in die Nedbankbeker-eindstryd vir Sekhukhune United op Loftus Versfeld in Pretoria pak. Sekhukhune het ‘n geleentheid om vir die eerste keer te wen, terwyl Pirates die Beker reeds agt keer verower het. Die Soweto-reuse het ‘n goeie Premierliga-seisoen beleef waarin hulle tweede geëindig het, ná Mamelodi Sundowns. Pirates se kaptein, Innocent […]

Read More

Cholera: Dodetal styg tot 17 - May 24, 2023

Gauteng se Departement van Gesondheid het bevestig dat die dodetal weens die cholera-uitbreking in Hammanskraal tot 17 gestyg het. Die getal cholera-gevalle wat deur laboratoriums bevestig is, staan nou op 29.  Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê 165 pasiënte is in die Jubilee-distrikshospitaal behandel, waarvan 18 na ander gesondheidsinstellings in Tshwane oorgeplaas is: 

Read More

NamWater se instandhoudingswerk suksesvol voltooi - May 24, 2023

Die instandhoudingswerk op die pypleiding tussen Von Bach-dam en die hoofstad het goed afgeloop en alles was volgens plan. NamWater se bestuurder vir die Khomas-gebied Stephanus Mukuya, sê normale toevoer van die hoofstad se bergingsreservoir is teen half-drie vanoggend voltooi.  

Read More

Bidvest-skoonmakers staak Vrydag - May 24, 2023

Die Namibiese Sekuriteitswag-vakbond het aan Bidvest Prestige Cleaning kennis gegee van ‘n vreedsame protes wat Vrydag gehou sal word. Die sekretaris-generaal Andreas Hausiku sê die werkers sal tussen nege-uur en vyf-uur by die hoofkantoor bymekaar kom om ‘n versoekskrif aan die bestuur te oorhandig. Hausiku het nie besonderhede bekend gemaak nie maar sê intimidasie en viktimisering kom algemeen voor en is voorheen al onder […]

Read More

Letlander met R2,15m se kokaïen laat vaar borgaansoek - May 24, 2023

’n Letlander wat by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is in besit van kokaïen ter waarde van 2,15 miljoen Suid-Afrikaanse rand, het sy bod vir borg laat vaar. Die 29-jarige Raitis Dreijers het in die hof in Kempton Park verskyn. Volgens die Valke se woordvoerder, kolonel Philani Nkwalase, is die kokaïen in matte gedroog wat in Dreijers se bagasie was. […]

Read More

Lae vlakke by Blouputs wek nie kommer nie - May 24, 2023

Daar is geen kommer oor die lae vlak van die water by Blouputs in die Benede Oranje-bekken nie. Die vlak wissel rondom een meter teenoor die meer as twee meter verlede jaar. Druiwe-produsente teen die rivier sê daar is geen rede tot kommer nie – die wingerde rus gedurende die winter en dus word minder […]

Read More

Eskom luister nie na werkers se eise nie - May 24, 2023

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê Eskom moet na die onderhandelingstafel terugkeer met ‘n eerlike aanbod wat die eise van die werkers aanspreek. Numsa, Solidariteit en die Nasionale Unie van Mynwerkers het gister die kragverskaffer se hersiene loonaanbod van 4,5 persent gedurende die begin van die derde en finale ronde van die onderhandelings verwerp. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het hul eis van 15- […]

Read More

Meer huishoudings leen, meer by ‘payday-leners’ - May 24, 2023

Die hoeveelheid huishoudelike leners het in verlede jaar met 4,5 persent na net meer as 244 000 gestyg. Op ‘n kwartaallikse basis het die getal met amper 7 persent toegeneem. Volgens die toesighoudende owerheid, Namfisa, is die styging aangedryf deur ‘n groei in die hoeveelheid huishoudings wat by sogenaamde ‘payday-leners’ skuld maak, wat op amper 28 persent op […]

Read More

Beurtkrag en voedselproduksie…  - May 24, 2023

Die DA sê hy is diep bekommerd oor die uitwerking van ‘n moontlike ineenstorting van die kragnetwerk op die land se voedselsekerheid. Die party sê die onlangse nuus dat die land se grootste pluimveegroep, Astral, ‘n daling van byna 90 persent in tussentydse winste aangekondig het, beklemtoon die voortslepende en duur ontwrigting wat beurtkrag in die landbou-verwerkingsbedryf veroorsaak. Noko Masipa van die DA sê […]

Read More