Menzies verloor in die hooggeregshof - June 9, 2023

Menzies Aviation het sy appèl in die hooggeregshof, om vraghantering op Hosea Kukato-lughawe voort te sit, en die aanstelling van Paragon ter syde te stel, verloor. Die aansoek volg na Menzies verskeie stappe gepoog het na die Namibiese Lughawensmaatskappy sy tender uitgegooi het vir nie-nakoming van bepalings nie. Regters Dave  Smuts, Sylvester Mainga en Elton Hoff het die beslissing gemaak. Menzies wou nuwe getuienis voorlê wat die hof geweier het. Die kostebevel […]

Read More

Gauteng se nie-oordaagbare siektes is te hoog - June 9, 2023

Die Gautengse LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sal vandag in Tembisa die provinsiale bekendstelling doen van die strategiese plan vir die voorkoming en beheer van nie-oordraagbare siektes. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê nie-oordraagbare siektes, waarvan baie voorkombaar is, neem steeds toe teen ‘n kommerwekkende tempo. Hy sê Gauteng het ‘n voorkoms-syfer van ongeveer 40-persent vir […]

Read More

Reaksie op Zanu-PF wat reeds verkiesing stoomroller - June 9, 2023

‘n Politieke kommentator van Zimbabwe het sy reaksie gegee op die regerende Zanu-PF-party wat ‘n winterskool vir sy verkiesingskandidate aanbied voor die algemene verkiesing op 23 Augustus. Die party betaal die 19 000 Namibiese dollar se registrasiefooie vir elk van sy 210 kandidate vir die week lange sessie, wat amper 4 miljoen Namibiese dollar beloop. Die party […]

Read More

Britse kleuter onder die sterftes by Annecy - June 9, 2023

Die Britse regering het bevestig ‘n Britse kind is onder vier kinders wat lewensbedreigende beserings opgedoen het tydens ‘n aanval in ‘n speelterrein in Annecy in die suidooste van Frankryk. ‘n Agt-en-sewentigjarige man en nog ‘n volwassene is ook gewond. ‘n Een-en-dertigjarige man wat geïdentifiseer is as ‘n Siriese burger met permanente verblyfreg in Frankryk, […]

Read More

Kaapstad kry ses robbe met steekwonde - June 9, 2023

Die Stad Kaapstad sê hy is vasbeslote om te verseker dat die mense wat ses Kaapse pelsrobbe doodgemaak het die volle mag van die reg ervaar. Die robbe het ter see steekwonde opgedoen en het op Langstrand by Kommetjie uitgespoel, nadat hulle vermoedelik weens die trauma van hul wonde verdrink het. Die burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike […]

Read More

Bepalings en uitbreiding van voeseldhulp vir huishoudings bekend - June 9, 2023

Die kantoor van die eerste minister het kennis gegee dat die verlenging van die droogte verligtingsprogram, ingevolge ‘n opdrag van die kabinet, ingestel is in die Kunene-, dele van die Omusati-, en die Erongo-streek. Die program is ook uitgebrei na Omaheke, Karas en Hardap. Voedselbystand mag net ontvang word deur huishoudings wat nie reeds ander […]

Read More

SA-padvragvereniging het kommer oor Zim-permitte se verlenging - June 9, 2023

Die Padvragvereniging in Suid-Afrika sê hy is bekommerd oor die besluit om die geldigheid van die Zimbabwiese vrystellingspermitte te verleng omdat dit tot geweld en ontwrigting in die padvragsektor sal lei. Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het die permitte vir nog ses maande verleng. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê hulle […]

Read More

VN se Sudan-gesant is persona non grata - June 9, 2023

Die Sudanese regering het die Verenigde Nasies se gesant Volker Perthes as “persona non grata” verklaar, twee weke nadat die weermaghoof hom daarvan beskuldig het dat hy die land se burgerlike konflik aangevuur het en probeer het om hom uit sy pos te verwyder. Perthes is sedert laat verlede jaar aan die hoof van die […]

Read More

Sunak sê dis te vroeg om Rusland te blameer vir Nova Kakhova - June 9, 2023

Die Britse eerste minister Rishi Sunak sê dit is te vroeg om te bepaal of Rusland wel verantwoordelik is vir die ramp by die Nova Kakhova-dam in Kherson in die Oekraïne. Maar, hy voeg by dat dit wel die patroon van Russiese aggressie in die land pas.

Read More

Blou Bulle soek vennootskap, samewerking met Namibiese rugby - June 9, 2023

Die Blou Bulle soek nouer samewerking met die Namibiese Rugby-unie en daar is sprake van verskeie vennootskappe wat aangegaan word. Die president van die Blou Bulle, Willem Strauss, lei ‘n afvaardiging na Namibië en voer Maandag samesprekings met Namibiese rugby waarna ‘n perskonferensie gehou sal word. Strauss het eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More