Ladybug-manne verower Engelse Kanaal - July 26, 2023

Die Namibiese atlete, John Valentin, Roual Spangenberg en Christopher du Plessis, het die Engelse Kanaal in 14 ure en 59 minute verower in hul aflos-swemtog ten bate van die Ladybug-trust. Die poging het die harte van Namibiërs aangegryp omdat die drie Namibiese atlete ten bate van babas in neonatale intensiewe sorg geswem het. Die drie […]

Read More

Calle: Droogte het erge impak, maar kan bestuur word - July 25, 2023

Die landbouminister Calle Schlettwein sê die nadelige impak van die droogte op die natuur en landbousektor is hanteerbaar en kan bestuur word. Schlettwein het die negatiewe uitwerking van droogtes op die beskikbaarheid van water vir produksie en weiding erken, wat lei tot trae groei in landbou. Hy het egter verseker dat die droogte-situasie hanteerbaar is […]

Read More

Veldbrande woed voort in Algerië - July 25, 2023

Minstens 34 mense is reeds dood in veldbrande in Algerië. Die brande aan die kus van die Middellandse See woed sedert Maandag, en gedeeltes is onder beheer. Die brande woed egter nog in agt streke en sowat 8 000 brandbestryders is ontplooi. Tien van die 34 slagoffers van die brande was soldate. Weens die sterk […]

Read More

Stad Tshwane se dienste geraak deur verset-optrede - July 25, 2023

Die Stad Tshwane het inwoners gewaarsku die daaglikse munisipale dienste sal geraak word deur sy werknemers se verset-optrede. Dit sluit in vullisversameling, die regmaak van pyplekkasies, riool-verstoppings en kragonderbrekings. Die woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die betoging het stukrag gekry, en daarom het die stad voorsorgmaatreëls getref en 40 busse onttrek. Mashigo sê die polisie is […]

Read More

Swem: Schoenmaker palm silwer in - July 25, 2023

Swem: Die Suid-Afrikaanse Olimpiese kampioen, Tatjana Schoenmaker, het die silwermedalje in die 100 meter-borsslag verower op die Wêreld-Watersport-kampioenskap in Japan. Ruta Meilutyte van Litaue was eerste, met Lydia Jacoby van Amerika die bronsmedaljewenner. Die 26-jarige Schoenmaker het ook op die Olimpiese Spele in Tokio in 2020 silwer in hierdie item gewen asook goud in die […]

Read More

Namdia se diamantverkope skitter - July 25, 2023

Namib Desert Diamonds, Namdia sê dat sy wins uit diamantverkope na belasting van 144,7 miljoen Namibiese dollar in 2021/22 tot 409,2 miljoen in 2022/23 toegeneem het. Met 36 geregistreerde diamantkliënte, insluitend lande soos België, die Verenigde Arabiese Emirate, Indië en Amerika op ‘n drie jaar hernuwingsbasis, beoog Namdia om sy teenwoordigheid in die aflandige mark […]

Read More

DA beskuldig Mashatile van oneerlikheid - July 25, 2023

Die DA het adjunkpresident Paul Mashatile van oneerlikheid beskuldig oor sy BBP-beskermingseenheid se aanranding op drie Weermag-rekrute in Johannesburg. Een van die agt amptenare het aan die landdroshof in Randburg gesê Mashatile was wel deel van die konvooi. Mashatile het vroeër ontken dat hy teenwoordig was tydens die aanranding op die N1-snelweg. Die DA se […]

Read More

Britse oud-intelligensieman sê aanvalle in Moskou is ook simbolies - July 25, 2023

Rusland beskuldig Oekraïne daarvan dat hy die Russiese hoofstad Moskou met hommeltuie aangeval het. Volgens die burgemeester van die Moskou is geboue in Moskou getref, met mediaberigte wat sê puin is nie ver van die hoofkwartier van die ministerie van verdediging gevind nie. Volgens die ministerie kon Russiese lugverdediging die twee hommeltuie onderskep. Voormalige Britse […]

Read More

Rugby: Welwitschia-span teen Argentinië-A aangewys - July 25, 2023

Die Namibiese Rugby-unie het die span van die Windhoek Draught Welwitschias aangekondig wat Argentinië-A Saterdag in die openings-wedstryd van die Wêreldrugby-nasiesbeker in Montevideo, Uruguay, sal pak. Die span word gelei deur kaptein Johan Deysel met Torsten van Jaarsveld die onder-kaptein met Allister Coetzee die hoof-afrigter.

Read More

Okahandja wil weer tuindorp word - July 25, 2023

Okahandja het die wiele aan die rol gesit om sy status as die tuindorp van Namibië te herstel. Die dorp se munisipaliteit het aangekondig 25 miljoen Namibiese dollar is opsy gesit vir die ingebruikneming van ‘n nuwe stortingsterrein. Die afgelope agt jaar of wat het inwoners van Okahandja vrede gemaak met rommel in die strate […]

Read More