Paartjie moet nog maande wag vir uitspraak

Die Namibiese pa Phillip Lühl, en sy man Guillermo Delgado staar ‘n lang gewag in die gesig voordat hulle weet wat die lot van hul seun en tweeling-dogters se nasionaliteit is, asook oor die erkenning van hul selfdegeslag-huwelikstatus in Namibië. Hul kinders wat deur surrogaatskap in Suid-Afrika gebore is, se Namibiese burgerskap hang in die […]

Read More

Twee nuwe ministeries in SA kabinet

President Cyril Ramaphosa het twee nuwe ministeries in sy nuwe kabinet tot stand gebring. Die eerste is Kgosientsho Ramokgopa as die minister van elektrisiteit in die Presidensie, wat die onmiddellike krisis van beurtkrag sal hanteer. Die tweede is Maropene Ramokgopa as die minister spesifiek verantwoordelikheid vir beplanning, monitering en evaluering, om groter aandag aan die […]

Read More

Iranse leier veroordeel vergiftiging van meisies

Iran se opper-leier, Ayatollah Ali Khamenei, sê die vermoedelike vergiftiging van skoolmeisies is ‘n onvergeeflike misdaad wat die maksimum straf vereis. Owerhede het bevestig dat meer as eenduisend meisies by meer as 50 skole in 21 van Iran se 30 provinsies sedert November verlede jaar vergiftig is. Die Ayatollah Ali Khamenei sê daar sal geen […]

Read More

Tennis: Nadal gaan nie meer in top-10 wees

Tennis: Oor twee weke is dit die einde van ʼn era wanneer die Spaanse legende, Rafel Nadal, die eerste keer in 18 jaar buite die top-10 sal wees. ʼn Beenbesering hou hom sedert die Australiese Ope in Januarie van die baan en hy moes aan die Indian Wells-toernooi onttrek. Die Amerikaner Taylor Fritz gaan minstens […]

Read More

Man wat susterskind glo vasketting, gaan skuldig pleit

Die 51-jarige Joseph Shivute wat daarvan aangekla word dat hy sy 15-jarige susterskind fisiek aangerand het voordat hy ‘n ketting om haar nek gesit en dit met ‘n slot by die Onekaku-nedersetting in die Oshikoto-streek gesluit het, het vandag in die Ondangwa-landdroshof verskyn. Landdros Ivette-Levien Fredericks het borgtog aan die beskuldigde geweier. Shivute het aangedui dat hy sal […]

Read More

Waar is Namibië se reën?

Namibiese boere is bekommerd oor die gebrek aan reën. Sommige dele in die land het nog geen reën ontvang nie. Volgens die beraming van oeste van gewasse word reeds ‘n minder goeie jaar as verlede jaar verwag. Damvlakke is ook laer as verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Suid-Afrikaanse weerkenner Kobus Botha gevra […]

Read More

Ramptoestand-regulasies kan SA landbou bevoordeel

Die Suid-Afrikaanse minister van Landbou, Thoko Didiza, glo die elektrisiteits-ramptoestand-regulasies kan tot voordeel wees van maatreëls wat die landbou sal toelaat om te funksioneer. Die minister sê sy het met Eskom gepraat om korttermyn-ingrypings te vind wat toegepas kan word om die gevaar rondom voedsel-onsekerheid in die land te vermy. Die regering oorweeg dit ook […]

Read More

Mokuti Etosha trek nuwe baadjie aan

O&L Leisure, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List-groep, het ‘n nuwe baadjie vir Mokuti Etosha aangetrek. Dit is een van O&L Leisure se lodges wat net 40 meter vanaf die hek van die Etosha Nasionale Park geleë is. Die lodge se ontvangs, hoof-restaurant en swembad-kroegarea, insluitend ‘n splinternuwe kinderswembad, het die afgelope 15 maande […]

Read More

EFF mor oor gebrek aan dienslewering

Die EFF in Gauteng het die provinsiale regering gekritiseer omdat hy versuim het om aan die diensbehoeftes van die Sebokeng Sone 17-gemeenskap in die Emfuleni plaaslike munisipaliteit te voldoen. Gefrustreerde inwoners het die langverwagte opening van ‘n moderne kliniek probeer keer. Die EFF-lid, Isaac Khithika, sê die gemeenskap is baie kwaad oor die gebrek aan […]

Read More

Namibiese Nasionale Boere-vereniging: Hervorm Meatco

Die Namibiese Nasionale Boere-vereniging, die NNFU, wat hoofsaaklik voorheen benadeelde boere in kommersiële en kommunale gebiede verteenwoordig, het hul stem van ondersteuning bygevoeg vir die hervorming van Meatco en die belangrikheid van die sogenaamde rooilyn as ‘n veeartseny- beheerheining. Landuleni Uugulu, nasionale koördineerder van die NNFU, sê die vereniging eis ‘n formele ooreenkoms met die […]

Read More