Dringende debat in NV oor gryslys gevra

Parlementslede in die buurland gaan debat voer oor die Finansiële Aksie-taakspan se besluit om Suid-Afrika op die gryslys te plaas. Die internasionale waghond teen geldwassery het dit gedoen omdat die land nie voldoen aan die wêreld-standaarde om finansiële misdade te bekamp nie. Sedert die besluit het die DA die speaker van die Nasionale Vergadering vir […]

Read More

Kanadese las ondersoek oor Chinese inmenging in verkiesings

Die eerste minister van Kanada, Justin Trudeau, het ‘n onafhanklike ondersoek gelas ná bewerings dat China by die federale verkiesings van 2019 en 2021 ingemeng het. Beijing het die aantygings verwerp en as ongegrond en lasterlik beskryf. Konserwatiewe Party-politici beweer dat inmenging in die 2021-verkiesing voorgekom het en dat hulle verskeie setels daardeur verloor het. […]

Read More

Krieket SA kies spanne teen Windies

Krieket Suid-Afrika het die spanne aangekondig vir beperkte boulbeurt-wedstryde teen die Wes-Indiese eilande wat later vandeesmaand plaasvind. Aiden Markram wat die Sunrisers Eastern Cape aangevoer het om hul SA20 titel in te palm, is aangestel as nuwe kaptein van die T20 span. Die toetskaptein, Themba Bavuma is egter nie in die T20 span ingesluit nie.

Read More

Wes-Kaap bestee miljoene aan diesel by hospitale  

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê beurtkrag beïnvloed provinsiale hospitale, met ongeveer 121 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vanaf April verlede jaar tot middel verlede maand aan diesel vir kragopwekkers bestee is. Die LUR, Nomafrench Mbombo, het aan die Parlement gesê Eskom se onvermoë om voldoende kragtoevoer te verskaf, het die departement gedwing om meer fondse beskikbaar te […]

Read More

Namibiese omgewingsministerie bekragtig Fly Etosha Airways

Die Namibiese omgewingsministerie ondersteun Fly Etosha Airways, die voornemende Namibiese lugredery. In ‘n brief van die uitvoerende direkteur in die ministerie, Teofilus Nghitila aan kaptein William Ekandjo van die redery, bekragtig die omgewingsministerie Fly Etosha Airways as projek wat die herstel van die Namibiese toerisme-sektor sal help. Fly Etosha Airways het vir ‘n lugvervoer-lisensie by […]

Read More

Geen borgtog vir polisieman wat glo dagga smokkel

‘n Namibiese polisieman wat daarvan beskuldig word dat hy dwelms en onwettige goedere by die Ondangwa se polisie-aanhoudingselle gesmokkel het, bly in aanhouding. Die 28-jarige konstabel Alex Josef het voor landdros Alice Gawanas op klagte van die handel in dagga en die oortreding van die Wet op Tabakbeheer verskyn. Sy sakke was glo volgestop met […]

Read More

Busa verwelkom nuwe minister van elektrisiteit

Business Unity South Africa het die aanstelling van Kgosientsho Ramokgopa as minister van elektrisiteit verwelkom. President Cyril Ramaphosa het gesê Ramokgopa se taak sal wees om die intensiteit en gereeldheid van beurtkrag dringend te verminder. Busa se uitvoerende hoof, Cas Coovadia, sê hulle gaan dringend met Ramokgopa vergader om te bepaal wat sy planne is […]

Read More

Harry en Meghan glo na Koning Charles se kroning uitgenooi

Brittanje se prins Harry en sy vrou Meghan het ‘n uitnodiging na sy pa, Koning Charles, se kroningsplegtigheid ontvang, maar sal nog nie in die openbaar bevestig of hulle dit gaan bywoon nie, het ‘n woordvoerder van Harry gesê. Voorbereidings vir die geleentheid in Mei is oorskadu deur die egpaar se verdoemende onthullings oor die […]

Read More

Mediese noodspanne word in Wes-Kaap aangeval

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid sê hy is bekommerd omdat mediese nooddiensspanne vanjaar reeds by tien geleenthede deur gewelddadige misdadigers aangeval is. Die afgelope naweek is nooddienswerkers in Parow, Langa en Pinelands aangeval. Die department se woordvoerder, Byron La Hoe, sê alhoewel die onvoorspelbare werksomgewing van nooddienspersoneel hulle aan baie gevare blootstel, behoort geweld nie […]

Read More

Koperkabel-diefstal neem toe op Otjiwarongo

Cenored gaan gebuk onder herhaalde gevalle van koperkabel-diefstal, veral in Otjiwarongo se nuwe uitbreiding 12-woonbuurt. Volgens die kragvoorsiener neem dié misdaad toe en dit maak dit moeiliker, en duurder, om krag te voorsien. Die styging in die koperprys laat koperkabel-diefstal toeneem. Buurtwagte word versoek om hul waaksaamheid in hul gebiede te verhoog. Charlie Matengu, Cenored […]

Read More