Teenkanting teen hernude omgewingsklaring-sertifikaat van ReconAfrica  

Die Economic en Social Justice Trust is gekant teen die uitreiking van ‘n omgewingsklaringsertifikaat aan die Kanadese gas- en oliemaatskappy ReconAfrica. Op 15 Junie 2022 het die Namibiese omgewings-kommissaris Timoteus Mufeti ‘n hernude omgewingsklaring-sertifikaat  aan ReconAfrica uitgereik ondanks openbare kommer oor die wettigheid van hul huidige boorprogram in die streke van Kavango-Oos en -Wes. Die […]

Read More

Drie renosterkarkasse ontdek

Kommer heers oor renosterstroping-sindikate in Namibië wat na bewering gestroopte renosters se ore afsny sodat hulle nie geïdentifiseer word nie. Namibiese polisiebeamptes is besig om hierdie voorvalle te ondersoek waartydens twee swartrenosters in die Otjozondjupa-strook gestroop en hul horings verwyder is. Hul karkasse is onlangs ontdek. Intussen is nóg ‘n renoster Sondag in die Otjozundjupa-streek […]

Read More

SA Kommunisteparty tevrede met nuwe energieminister

Die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Solly Mapaila, sê intussen die aanstelling van Kgosientso Ramakgopa as minister van elektrisiteit word wyd verwelkom. Mapaila sê dié gewese burgemeester van Tshwane is die regte persoon om die land se energiekrisis te bestuur.

Read More

Turkse opposisiepartye kies kandidaat

Opposisiepartye in Turkye het ‘n enkele kandidaat gekies om te staan te kom teen President Tayyip Erdogan wanneer die land op 14 Mei na die stembus gaan. Die 74-jarige Kemal Kilicdaroglu, word bestempel as Turkye se Ghandi en verteenwoordig ses opposisiepartye. Meningsopnames dui daarop dat dit ‘n kop-aan-kop stryd sal wees. Erdogan is reeds twee […]

Read More

Patricia de Lille as nuwe minister van toerisme verwelkom

Die Toerisme-besigheidsraad van Suid-Afrika het die aanstelling van Patricia de Lille as die land se nuwe toerisme-minister verwelkom. Die raad sê Toerisme is een van die land se grootste inkomste-genereerders en daarom moet die persoon, aan die stuur van dié departement, ‘n passie vir die sektor hê om dit verder te laat groei en nóg […]

Read More

Kommer oor Nampol se hardhandigheid

Voortgesette brutaliteit deur die Namibiese polisie word wyd deur aktiviste veroordeel. Dit hou ‘n ernstige bedreiging vir demokrasie, menseregte en die oppergesag van die reg in ons land inhou. Daar is 579 sake teen die Nampol by die Kantoor van die Ombudsman aangemeld. Volgens aktiviste is dit ‘n aanduiding van ‘n veel groter probleem in […]

Read More

Oekraïne se weermag bly Bakhmut verdedig

Oekraïne se top-weermagbevelvoerders het onderneem om die oostelike stad, Bakhmut, te bly verdedig. Russiese magte het hul aanslag op Bakhmut verskerp in ‘n poging om die eerste groot veldslag in ses maande te behaal. Die president van Oekraïne, Volodimir Zelenski, sê hy het met die bevelvoerders vergader wat volhou dat Oekraïnse magte nie aan Bakhmut […]

Read More

Rugby: Stormers-afrigter trots op sy wenspan

Rugby: Die Stormers is vir die tweede agtereenvolgende jaar amptelik as vanjaar se SA Skild-kampioene  in die Verenigde Rugbykam-pioenskap gekroon nadat hulle die Sharks die naweek in Kaapstad geklop het. Die verdedigende toernooi-kampioene was hierdie seisoen onoorwonne teen Suid-Afrikaanse spanne en het tuis- en wegwedstryde teen die Sharks, Bulls en Lions gewen. Hul hoofafrigter, John […]

Read More

Wes-Kaapse premier teleurgestel dat Cele steeds polisieminister is

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê hy is teleurgesteld dat die minister van polisie, Bheki Cele, sy pos behou na President Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling. Drie ministers is vervang: Lindiwe Sisulu, Nathi Mthethwa en Maite Nkoana-Mashabane, asook Phumulo Masualle, wat adjunkminister van openbare ondernemings was. Winde sê Cele het bewys hy het geen begeerte om […]

Read More

Namibiese pluimvee-boere verlaag produksie  

Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf het oor die tydperk drie jaar gegroei tot ‘n nywerheid van 59 miljard Suid-Afrikaanse rand, maar hoe vaar dié sektor in Namibië? Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging is 1,8 miljard Suid-Afrikaanse rand in 2022 belê in groei, wat die oorspronklike beplande 1,5 miljard rand oorskry het. Die bedryf het ook geslaag om tussen […]

Read More