PDM-hoofsweep vra hoe werklose jeug vir lenings kan kwalifiseer

Die amptelike opposisieparty se hoofsweep Elma Dienda van die PDM het vandag in die Nasionale Vergadering aan die ministers van finansies en landbou gevra oor die lenings wat Agribank en die Ontwikkelingsbank aan vroue en jeug gee. Agribank het 25,6 miljoen Namibiese dollar opsy gesit wat vir vroue en jeug in die landbou geoormerk is. […]

Read More

Japan skenk voedselkoepons aan 21 000 Namibiërs in drie streke

Die oorlog in die Oekraïne het gelei tot stygende voedsel- en kommoditeitspryse, wat toegang tot voedsel deur kwesbare gemeenskappe in Namibië beïnvloed. Meer as 60 persent van Namibië se voedsel word jaarliks ingevoer. Die Wêreldvoedsel-program in samewerking met die regering van Japan, het ‘n voedselkoepon-program by Tsintsabis in die Oshikoto-streek van stapel gestuur. Japan se […]

Read More

Staking kortwiek gesondheidsdienste

Die departement van gesondheid het bevestig verskeie gesondheidsinstellings in Gauteng word steeds gekortwiek deur die staking deur lede van die vakbond, Nehawu. Die departement se hoof van kommunikasie, Motalatale Modiba, waarsku betogers versper die ingang na verskeie gesondheids-instellings. Volgens hom is ambulansdienste ook geraak aangesien hulle nie op oproepe kan reageer of pasiënte na sommige […]

Read More

Paartjie tjoekie toe oor diefstal van 45 bottels peperduur wyn

‘n Paartjie wat 45 bottels wyn ter waarde van ongeveer 1,6 miljoen euro in Spanje gesteel het, is vier jaar tronkstraf opgelê. Die diefstal het in 2021 in ‘n luukse hotel in die Spaanse stad Caceres plaasgevind terwyl die paartjie gaste by die hotel was. Die paartjie het gevlug en ‘n internasionale soektog is na […]

Read More

SA Padvragvereniging bekommerd oor onpadwaardige voertuie

Die Padvrag-vereniging in die buurland versoek dringende optrede teen padgebruikers wat nie aan die reëls voldoen nie na Maandag se kettingbotsing in Umhlanga, KwaZulu-Natal. Sestien mense is beseer toe ‘n vragmotorbestuurder beheer verloor en in byna 50 ander voertuie ingeploeg het op die M41, vermoedelik omdat die remme onklaar geraak het. Die vereniging se uitvoerende […]

Read More

Vermeende moordenaar in hof ná liggaam in vlak graf ontdek is

Die 34-jarige Erick Mutanale het in die Katima Mulilo-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en regsverydeling. Luidens die klagstaat het  Mutanale die oorledene na bewering met ‘n draad vasgebind, hom sowat 30 meter van sy huis af gesleep en in ‘n vlak graf begrawe. Die oorledene se lyk is op Donderdag 2 Maart deur die […]

Read More

Internasionale Vrouedag môre gevier

Internasionale Vrouedag word môre herdenk en in Namibië vier die Namibiese Kamer van Koophandel die dag saam met vroue-entrepreneurs wat ‘n belowende of suksesvolle ITC-onderneming besit. Die tema vir vanjaar is: “DigitALL: Innovation and technology for gender equality” en die 2023- hutsmerk is #WomenOwned. Antonia Dumbu-Udeh, die SME-ontwikkelingsbeampte by die kamer deel meer met Kosmos […]

Read More

SA kabinet groei ten koste van belastingbelaer

Forum 4 Service Delivery het sy teleurstelling uitgespreek oor President Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling. Die groep beweer die skuiwe is bloot ‘n oefening in openbare betrekkinge om dit te laat lyk of Ramaphosa bekommerd is oor die vinnige agteruitgang in Suid-Afrika. Die forum se leier, Mbahare Kekana, sê die kabinet groei steeds ten koste van […]

Read More

Rugby: John Plumtree kan dalk terugkeer na Haaie  

Rugby: Gerugte wil dit hê dat John Plumtree as die nuwe hoof-afrigter na die Haaie kan terugkeer. Hy was na berig word onlangs daar vir ʼn onderhoud. Plumtree was van 2008 tot 2012 by die unie voor die voormalige Springbok-kaptein, John Smit, hom afgedank het kort nadat hy uitvoerende hoof geword het. Die Nieu-Seelander het […]

Read More

Kaapstad hoop op beter passasierspoorvervoer

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die aanstelling van die nuwe minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, verwelkom en hoop op die vinnige afwenteling van passasierspoorvervoer na die stad. Passasierspoorvoer in Kaapstad het in duie gestort en bedien nou daagliks net twee persent van alle pendelaars terwyl dit die ruggraat van ‘n bekostigbare, betroubare en […]

Read More