Geslagsgeweld móét by polisie aangemeld word

‘n Namibiese geslags-aktivis sê geslagsgeweld moet by die Namibiese polisie aangemeld word. Sy het gereageer op die buurland se statistieke waar meer as 50 000 gevalle van geslagsgeweld en vrouemoord jaarliks in Suid-Afrika aangemeld word. Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling sê bewusmakingsveldtogte moet van stapel gestuur word sodat slagoffers sulke gevalle by die […]

Read More

Johannesburgers keelvol vir beurtkrag

ActionSA in Gauteng sê hy het die Stad Johannesburg gevra om die voortgesette kragonderbrekings regoor die stad aan te spreek. Die gemeenskap is vir langer as 24-uur sonder elektrisiteit gelaat weens beurtkrag en kabeldiefstal. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Sthembelo Majola, sê City Power en die wetstoepassingsagentskappe moet ʼn meer proaktiewe benadering volg om verdere skade […]

Read More

Twee Amerikaners wat in Mexiko ontvoer is, is dood

Twee van die vier Amerikaners wat Vrydag in die Mexikaanse noordelike grens-staat Tamaulipas ontvoer is, is dood. Die staats-goewerneur Americo Villarreal het vandag bevestig twee mans is dood, een persoon is beseer en die ander een leef. Die Amerikaners het pas die grens oorgesteek toe daar op hulle losgebrand is. Hulle is daarna in ‘n […]

Read More

Omgewingsministerie: Geen leeuloop by Myl 4

Die Namibiese omgewingsministerie het vandag bevestig daar is geen feitelike grondslag op gerugte wat op sosiale media die rondte doen oor die teenwoordigheid van leeus by Myl 14 nie. Die ministerie sê die leeus word deurentyd gemonitor deur die nekbande waarmee hulle toegerus is en hulle is nie in dié gebied opgemerk nie. Die ministerie […]

Read More

Energiekenner: Red SA uit kragkrisis

Met beurtkrag wat die groot sondaar is, wat Suid-Afrika se ekonomie in die vierde kwartaal van 2022 ‘n hewige knou toegedien het, lê daar ‘n hewige taak vir die land se nuwe elektrisiteitsminister voor om die kragkrisis so vinnig as moontlik op te los. Energie-kenner, professor Mark Swilling, sê dat minister Kgosientsho Ramokgopa ‘n enorme […]

Read More

Namibiese en SA staatsamptenare vergader in Windhoek

Suid-Afrika is volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin van Januarie Namibië se grootste handelsvennoot wat invoere en uitvoere betref. Namibiese en Suid-Afrikaanse senior amptenare kom tot Donderdag in Windhoek byeen vir die Senior Amptenare-vergadering van die Derde Sessie van die Namibië-Suid-Afrika Bi-Nasionale Kommissie. Die doel van die vergadering is om samewerking op ‘n wye verskeidenheid […]

Read More

SAID: Cyril en sy maatskappye voldoen aan belastingverpligtinge

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê President Cyril Ramaphosa en sy maatskappye voldoen ten volle aan hul belastingverpligtinge. Die DA het Dinsdag bekendgemaak dat die Inkomstediens bevestig het die Amerikaanse dollars wat in ʼn rusbank op Ramaphosa se plaas, Phala Phala, versteek was, is nie verklaar toe dit in die land ingebring is nie. Die geld is […]

Read More

SR-president van Wits geskors ná betoging

Die studenteraad van die Universiteit van Witwatersrand sal na verwagting met die departement van hoër onderwys en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vergader na dae van betogings. Die woordvoerder van Wits, Shirona Patel, sê die verwagte vergadering kom na die skorsing van die president van die SR. Aphiwe Mnyamana is geskors nadat hy nie […]

Read More

Hollywood-rolprente weer in China vertoon

The Woman King deur TriStar Pictures het amptelike toestemming ontvang om op 14 April in teaters in China uitgereik te word. Hollywood-rolprente het weer in China begin wys ná ‘n afwesigheid van omtrent ‘n jaar en ‘n nie-amptelike verbod op flieks van die Marvel-handelsmerk sedert middel 2019 tot vroeg vanjaar. The Woman King, met Viola […]

Read More

Namibiese Jeugrugby-toernooi in Julie in Windhoek

Die eerste Momentum Namibiese Jeugrugby-uitnodigings-toernooi sal van 11 tot 15 Julie by Windhoek Hoërskool se FNB Vegkopstadion plaasvind. Twaalf hoërskoolspanne sal in die mini-toernooi vir onder.19’s meeding. Vanjaar sal rugbyspanne van Suid-Afrika en moontlik Zimbabwe ook deelneem. Tot dusver het HTS Middelburg, Paarl Jongenskool, Rondebosch en Peterhouse Boys’ School van Zimbabwe, reeds hul deelname bevestig. […]

Read More