So sê Namibiese mans oor vroue

Internasionale Vrouedag word vandag herdenk. Die dag word toegewy aan die erkenning van vroue se prestasies, sowel as die bewusmaking van gelykheid. Die dag vier vroue en spreek kwessies aan soos vroue se gelyke regte, geweld en mishandeling teen vroue, en voortplantings-regte. Kosmos 94.1 Nuus het ons manlike luisteraars gepeil oor die belangrikheid van vroue […]

Read More

Regeringsbeleid beïnvloed kredietverlening

Namibiese ekonoom Robert McGregor sê daar is interessante patrone in verband met Namibië se private kredietverlening. Terwyl privaat besighede se kredietverlening gestagneer het, bly huishoudelike krediet gestyg. Daar is ‘n verskynsel wat plaasvind wanneer verhoogde regeringsbetrokkenheid in ‘n sektor van die mark-ekonomie die res van die mark wesenlik beïnvloed, hetsy aan die aanbod- of vraagkant […]

Read More

GRN wil N$210m op motors bestee, moratorium seker vergete

Dit blyk asof die moratorium op voertuigaankope deur die regering, wat met groot lof ontvang is en sou van krag gewees het tot 2025, vergete is. President Hage Geingob het met die aankoms van Covid die moratorium ingestel maar nou beplan die regering om sowat 210 miljoen Namibiese dollar te bestee op nuwe voertuie. Die stap is blykbaar vir beter bedryfsdoeltreffendheid. Volgens wat berig word het Wilson Shikoto, woordvoerder van die ministerie […]

Read More

Reeksmoordenaars en parool in die soeklig

Vier veroordeelde Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars wil op parool vrygelaat word. Hulle was saam verantwoordelik vir die dood van meer as 100 mense. Christopher Zikode, Stewart Wilken, Cedric Maake en Lazarus Mazingane is voorheen parool geweier. Wilken, ook bekend as ‘Boetie Boer’, word beskryf as die gevaarlikste reeksmoordenaar, ‘n kannibaal wat mans, vroue en kinders vermoor en […]

Read More

Twee van die vier Amerikaners wat ontvoer is, dood aangetref in Mexiko

Die Mexikaanse owerheid het bevestig twee van die vier Amerikaners wat verlede week in ‘n gewapende aanval in Mexiko ontvoer is, is dood. Die vier het in ‘n wit minibussie met Noord-Carolina-nommerplate deur Matamoros gery toe onbekende gewapende mans op hulle losgebrand en hulle ontvoer het. Hulle het na Mexiko gereis vir kosmetiese chirurgie. Die […]

Read More

Elektrisiteitsminister sal nie nuwe energiebeleid skep nie

Die nuutaangestelde minister van elektrisiteit in due buurland, Kgosientso Ramakgopa, sê die taak wat voorlê om die erns en frekwensie van beurtkrag in die land te verminder, is ‘n groot uitdaging. Hy is gister amptelik ingehuldig. President Cyril Ramaphosa sê die minister sal politieke verantwoordelikheid, gesag en beheer hê oor alle aspekte van die Energie-aksieplan. […]

Read More

Shikongo terug in die hospitaal

Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo is weer opgeneem in die hospitaal. Volgens wat berig word is dit as gevolg van beserings wat hy in Desember verlede jaar tydens ‘n ongeluk van voor opgedoen het. Drie mense is in die ongeluk oorlede en druk neem toe op die mag om sy ondersoek […]

Read More

Shannon Wassefall: Azaan is baie jammer

Die moord-beskuldigde Azaan Madisia het haar spyt uitgespreek dat sy nie die polisie of ‘n ambulans ontbied het ná die dood van Shannon Wasserfall op Walvisbaai nie. Die 30-jarige Madisia het haar verklaring in die Windhoekse hoërhof afgelê waar sy saam met haar broer, die 24-jarige Steven Mulundu, van moord aangekla word. Die beskuldigde het […]

Read More

Verskeie mense vas vir vergiftiging van Iranse skoolmeisies

Iranse amptenare het bevestig verskeie mense is in vyf provinsies aangekeer in verband met ‘n vlaag van vermeende vergiftiging van skoolmeisies wat die land getref het. Die inhegtenisnemings gaan gepaard met die regering wat uitvaar teen kritiek op sy optrede teen die vermeende aanvalle. Meer as ‘n duisend meisies van meer as 50 skole in […]

Read More

Conrad bring veranderings aan vir toets teen die Windies

Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, het verskeie veranderings aan sy span gemaak vir die tweede en laaste toets teen die Windies wat vandag op die Wanderers in Johannesburg begin. Ryan Rickelton, Simon Harmer, Keshav Maharaj en Wiaan Mulder sal vir Suid-Afrika vervang, Keegan Petersen, Senuran Muthusamy, Marco Jansen en die beseerde Anrich Nortjé. Conrad […]

Read More