De Lille moet visumstelsel verbeter – DA

Die Stad Kaapstad het aan die nuwe minister van toerisme, Patricia de Lille, geskryf en haar aangemoedig om spoedig met ‘n verbeterde visumstelsel vorendag te kom. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê goedkeuring vir ‘n visum met spesifieke beperkings vir ‘n afstandwerker, vra bloot dat die nasionale regering in die Immigrasiewet voorsiening maak […]

Read More

Gazza veg voort teendagvaardiging in die hoërhof

Die bekende Namibiese kunstenaar, Gazza, oftewel Lazarus Shiimi, is weer vandag in die hof rakende ooreenkomste wat hy met Namibië Brouerye en KFC aangegaan het. Hy word deur Trinity Transaction Advisory vir net minder as 409 000 Namibiese dollar gedagvaar. Die aansoeker sê hy het ‘n ooreenkoms vir konsultasies sowel as regshulp met Gazza onderteken rakende die ooreenkomste wat hy aangegaan het met die twee […]

Read More

SA-verkiesingskommissie vry na studente se stem

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika het amptelik sy jaarlikse studente-geteikende demokrasie-veldtog van stapel gestuur. Die doel is om jeugdige burgers by tersiêre instellings op te voed oor hul burgerlike en demokratiese regte en verantwoordelikhede. Die OVK hoop ook om die veldtog te gebruik as ‘n manier om studente te bemagtig om deel te neem. Verlede […]

Read More

Greenpeace vra Ramokgopa vir hernubare energie

Greenpeace Africa het Suid-Afrika se nuwe minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, aangemoedig om die rol te oorweeg wat hernubare energie kan speel om die land se kragkrisis te verlig. Sekere lede van die organisasie het die minister se toespraak op die Energie Indaba wat in Kaapstad plaasvind, ontwrig. Die organisasie se kampvegter, Thandile Chinyavanhu, sê president Cyril Ramaphosa het baie […]

Read More

Japan se ruimteprogram lê in stukkies

Japan se ruimteprogram het ‘n reuse finansiële verlies gely toe ‘n splinternuwe vuurpyl kort ná lansering vernietig moes word. Die ruimte-agentskap moes binne 14 minute ná lansering ‘n selfvernietigingsopdrag na die H3-vuurpyl stuur, toe die begin van die tweede fase van die reis misluk het. Internasionale nuusagentskappe berig die vuurpyl was deel van die Asiatiese land se eerste nuwe […]

Read More

ANC het misluk – ActionSA

ActionSA sê die inkrimping van die land se Bruto Binnelandse Produk met 1,3 persent in die vierde kwartaal, bevestig die oortuiging die land se ekonomie kan nie onder die ANC-regering se ekonomiese, politieke en maatskaplike wanbestuur groei nie. Volgens Statistieke Suid-Afrika is groei hoofsaaklik deur die finansiële-, handel-, mynbou-, landbou- en algemene regeringsdienste sektore verlangsaam. Lerato […]

Read More

Optog vandag teen wetsontwerp oor huishoudelike geweld

Equal Namibia hou vanoggend ‘n optog teen die Huishoudelike Geweld-wetsontwerp. Die wetgewing, wat mense teen geweld in verhoudings beskerm, erken nie paartjies van dieselfde geslag nie en dus, het hul geen reg tot beskerming onder die wetgewing nie. Omar van Reenen van Equal Namibia sê burgerlike samelewings-organisasies sal ook by hulle aansluit. ‘n Petisie sal oorhandig word aan die sekretaris […]

Read More

Gauteng sal Covid-werkers in diens hou

Die Gautengse Gesondheidsdepartement het planne bekendgemaak om sy begroting van 600 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die vergoeding van werknemers tydens Covid-19 aan te wend om noodsaaklike Covid-19-kontrakpersoneel te behou. Volgens die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, is daar ongeveer 113 mediese personeel wat vir 12 maande gekontrakteer is en wie se kontrakte aan die einde van die maand […]

Read More

Kommer oor Amerika en China se verhouding

Amerika moet sy “verwronge” houding teenoor China verander of “konflik en konfrontasie” sal volg, het China se minister van buitelandse sake, Qin Gang gesê. Hy het sy standpunt oor die oorlog in die Oekraïne verdedig en sy noue bande met Rusland by ‘n mediakonferensie in Beijing verdedig. Betrekkinge tussen die twee super-moondhede was jare lank gespanne oor […]

Read More

Families van MH370-slagoffers vra hernude soektog

Die families van diegene wat aan boord van die Malaysia Airlines-vlug 370 omgekom het, doen ‘n beroep op die Maleisiese regering om die Amerikaanse seebodem-eksplorasiefirma Ocean Infinity toe te laat om ‘n nuwe soektog na die vermiste vliegtuig te begin. Die vliegtuig, met 12 Maleisiese bemanningslede en 227 passasiers van 14 verskillende nasies aan boord, het in 2014 op pad […]

Read More