Mielieboere vrees vir groot verliese as reën nie kom  

Boere in die Mieliedriehoek is moedeloos nadat hulle vir byna ‘n maand geen reën ontvang het nie. Daar is boere wat vrees vir groot verliese met hul mielie-oeste as dit nie binnekort gaan reën nie. ‘n Mielieboer oos van Grootfontein in die Mieliedriehoek, Dawie Kok, spreek hul kommer aan Kosmos 94.1 Nuus uit.  

Read More

Namibiese Paralimpiese Komitee moet sy span onttrek weens gebrek aan fondse

Die Namibiese sportministerie het die Namibiese Paralimpiese Komitee gevra om sy span aan die komende Toyota Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Liggaamlik Gestremdes Nasionale Kampioenskappe te onttrek. Dit bring atlete van nege Suid-Afrikaanse provinsies en ander Suider-Afrikaanse lande byeen om in verskeie kategorieë mee te ding. Die kampioenskappe vind van 17 tot 23 Maart in Kaapstad plaas. […]

Read More

PDM bevraagteken begunstigdes van vistenders

Die Namibiese ministeries van finansies, en visserye en mariene nooi gesamentlike bieërs uit om vir 30 540 metrieke ton maasbanker te tender. Die sluitingsdatum vir die tender is 31 Maart om tien-uur die oggend. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Popular Democratic Movement se parlementslid en skaduminister van finansies, Nico Smit gevra of hierdie soort […]

Read More

Eerste waterstof-diesellokomotief in Afrika in Namibië ontwikkel

TransNamib, die Universiteit van Namibië, en Traxtion sal Afrika se eerste dubbel-brandstof-waterstof-diesellokomotief ontwikkel, met ‘n unieke waterstof-bergingsmetode. Die projek genaamd HyRail Namibia sal na verwagting binne 18 maande voltooi wees. Volgens die Tender Bulletin word die projek gelei deur Hyphen Technical, ‘n afdeling van Hyphen Energy, wat die tender gewen het vir die ontwikkeling van […]

Read More

Ramaphosa beantwoord môre vra in NV

President Cyril Ramaphosa sal môre voor die Nasionale Vergadering in die parlement verskyn om vrae te beantwoord. Ramaphosa sal gedurende die sitting van drie ure ongeveer ses vrae moet beantwoord wat van nasionale en internasionale belang is. Van die omstrede kwessies sluit in die regering se planne om ‘n bekwame ontwikkelingstaat te vestig vir die […]

Read More

Akteur Ben Savage wil Amerikaanse kongres toe  

Die Amerikaanse akteur, Ben Savage, wat in die 90’s bekend geword het vir die televisiereeks, Boy Meets World, het homself amptelik verkiesbaar gestel as kandidaat vir die Amerikaanse kongres, as verteenwoordiger van die Los Angeles-distrik. Dié setel word gevul deur die Demokraat, Adam Schiff, maar word binnekort vakant, aangesien Schiff homself beskikbaar gestel het vir […]

Read More

Kaapse hotelsektor verwelkom Patricia as toerisme-minister

Die Suid-Afrikaanse hotel-groep, The Capital Hotels and Apartments, het die nuus dat Lindiwe Sisulu as minister van toerisme deur Patricia de Lille vervang is, verwelkom. Die groep, wat van Kaapstad se bekendste hotelle, soos 15 on Orange en The Mirage bedryf, sê Sisulu was nie die regte persoon om die land se toerisme-sektor ná die […]

Read More

Ma onttrek aan siviele saak teen Mariental-boer    

Een van die ouers van wyle Hendrina Mupolo van Mariental, wat glo deur die boer Johan Meyer in Mei verlede jaar raakgery is, het van die siviele saak onttrek. Hendrina se ma, Annemarie !Auchmus, het haar siviele regsgeding teen Meyer teruggetrek. Hendrina se pa, Elias Mupolo, eis steeds meer as 10 miljoen Namibiese dollar in […]

Read More

DA veroordeel betogings by hospitale

Die DA in Gauteng het Nehawu se ontwrigtende optrede in meer as tien provinsiale openbare hospitale sowel as talle klinieke veroordeel. Pasiënte kry swaar omdat hulle nie toegang tot hospitale kry nie waar operasies en afsprake gekanselleer word weens die tekort aan personeel. Van die nooddienste is ook geblokkeer. Die DA-lid, Jack Bloom, sê gesondheidsgeriewe […]

Read More

Kleinseun onthoof glo ouma (100) met byl

Inwoners van Hamburg in Duitsland is geskok oor ‘n grusame moord ná ‘n 100-jarige ouma glo deur haar eie kleinseun met ‘n byl onthoof is. Die ouma, ‘n afgetrede plaaswerker, is dood in haar woonstel in die stad gevind ná die aanval deur haar 37-jarige kleinseun. Die polisie moet nog ‘n motief vir die grusame […]

Read More