Murray sê daar sal geen verbod op Rusland, Belarus by Wimbledon wees nie

Die gewese wêreld nommer een, Andy Murray, glo Russiese en Belarussiese spelers sal vanjaar op Wimbledon toegelaat word. Spelers van die twee Oos-Europese lande is verlede jaar by die grasbaan-Grand Slam-toernooi verbied weens Rusland se inval van Oekraïne met die hulp van Belarus. Murray het byna 11 miljoen Namibiese dollar geskenk ten bate van Oekraïnse […]

Read More

Voedsel word steeds aan vloed-gemeenskappe versprei

Volgens die kantoor van die Namibiese eerste minister word kos weekliks aan die vloedgeteisterde gemeenskappe in die Noorde uitgedeel. Daar word verseker daar is genoeg kos in voorraad by die streeks-pakhuis in Uukwangula-nedersetting, in Oshana-streek om voorsiening te maak vir vloedslagoffers. Hervestiging-sentrums het ook bokse vis van die visserye-ministerie se Epalela-akwa-kultuurplaas ontvang. Verskeie skenkings is […]

Read More

Calle besoek Karas om ontwikkelingsplanne van Neckartaldam te bespreek

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sal môre die Karas-streek besoek om ontwikkelingsplanne van die Neckartaldam te ondersoek. Hy sal ‘n vergadering met die streeks-goewerneur Aletha Frederick, lede van die streeks- en plaaslike owerhede, tradisionele en gemeenskapsleiers en boere hê.  Die vergadering vind vanaf nege-uur die oggend tot die middag drie-uur by die Moth-saal plaas. Die […]

Read More

Klimaatsverandering gaan as skoolvak in SA aangebied word

Klimaatsverandering sal moontlik in die nabye toekoms as ‘n skoolvak in Suid-Afrikaanse skole aangebied word. Twee organisasies, Food and Trees for Africa en die African Climate Reality Project, het kragte saamgespan om ‘n kurrikulum-program saam te stel wat onderwysers sal leer hoe om klimaatgeletterdheid aan hul leerlinge bekend te stel. Volgens berigte het die Wes-Kaapse […]

Read More

Ronan Keating en Gary Player samel geld in vir kinders in nood

Die musiek-ikoon, Ronan Keating, gholf-legende, Gary Player en die welvaartbestuurs-maatskappy, Citadel het 2,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand ingesamel wat Suid-Afrikaanse kinders in nood sal bevoordeel. Die geld is ingesamel tydens ‘n jaarlikse liefdadigheids-galadinee wat deur Citadel aangebied is, met die Rooi Kruis Oorlogsgedenk-kinderhospitaal in Kaapstad en die Pre-Primêre Skool Blair Atholl in Johannesburg as die begunstigdes. […]

Read More

Oud-bedryfshoof van Bosasa se saak onbepaald uitgestel

Die hooggeregshof in Pretoria het die twee aansoeke teen die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, onbepaald uitgestel. Die Ondersoekdirektoraat se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê die uitstel is grootliks te wyte aan regter David Makhoba wat beslis het die saak sal meer tyd verg om oor te besin. Seboka sê Agrizzi word aangekla van bedrog […]

Read More

Man sterf ná reddingspoging by Swakopmund-jetty

‘n Man het na bewering van die Swakopmund-jetty af gespring. Nooddienste is ingeroep en Namibian Marshal Ranger Sean Naude het tydens ‘n reddingspoging hom uit die see gered. Hy is na ‘n hospitaal gehaas, maar ongelukkig het die 29-jarige man later beswyk. Naude gesels met Kosmos 94.1 Nuus.  Intussen het die Namibiese gesondheidsinisterie bevestig dat […]

Read More

Wits se SR skort betoging eers op

Die Universiteit van die Witwatersrand se studenteraad het die bestuur ingelig hulle gaan hul betogings vir die volgende 24 uur staak. Studente betoog die afgelope 10 dae en eis dat diegene met geskiedkundige skuld toegelaat word om te registreer. Die SR wil hê privaat sekerheid en polisie moet van die kampus verwyder word, en die […]

Read More

Intra-Afrika maritieme handel versterk

Die Afrika-Vryhandelsgebied-sekretariaat en die Maritieme-organisasie van Wes- en Sentraal-Afrika het met bilaterale samesprekings begin om intra-Afrika-handel deur middel van maritieme en ander vervoermetodes te versterk. Albei organisasies het ingestem om handelsbelange op die vasteland te bevorder. Die organisasie se sekretaris-generaal, Paul Adalikwu, het hul verbintenis tot ‘n veilige en omgewingsvriendelike maritieme sektor bevestig wat die […]

Read More

Boyz II Men gaan in Oktober in SA optree

Die Amerikaanse groep, Boyz II Men het hul Suid-Afrikaanse toer vir later vanjaar bevestig. Die geleentheids-organiseerder G21 Entertainment en Vertex Events sê die toer skop op 31 Oktober in Kaapstad af, in die Grand Arena by GrandWest. Die groep sou reeds voor die Covid-pandemie kom toer het. Die kaartjies wissel tussen 690 en1 790 Suid-Afrikaanse […]

Read More