
Kuber-veiligheid word brandpunt - January 29, 2024
Inligtingsminister Peya Mushelenga sê sy ministerie gaan die land se Nasionale Digitale Strategie, die Databeskermingswetsontwerp en die toegang tot inligting-regulasies so gou moontlik ter tafel lê, om kuber-veiligheid te verseker. Hy het by ‘n personeelvergadering gesê Namibië was verlede jaar blootgestel aan 2,7 miljoen kuber-aanvalle. Plaaslike banke het ook ‘n toename aangemeld in gebruikers wat […]
Flink loods red passasiers met B2-pad noodlanding - January 29, 2024
Die vinnige optrede van die loods van ’n ligte vliegtuig wat vir toeriste-vlugte langs die Namibiese kus gebruik word, het daarin geslaag om passasiers te red toe hy ’n noodlanding op die B2-pad tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgevoer het. Aanvanklike verslae lui dat die noodlanding sonder enige komplikasies uitgevoer is en dat niemand beseer is […]
Ambulans-pasiënt met dagga gevang - January 29, 2024
Die Otjozondjupa-polisie het ‘n 38-jarige man in hegtenis geneem wat meer as ‘n halfkilogram dagga ter waarde van 25 250 Namibiese dollar in ‘n ambulans vervoer het. Die man was ‘n pasiënt en die ambulans was Vrydagmiddag van Windhoek na Outjo onderweg toe dit op die B1-pad buite Otjiwarongo gestop en deursoek is. Die pasiënt […]
Wynland-brande steeds buite beheer - January 29, 2024
Die brande in die Breedevallei en Witzenberg, in die Kaapse Wynland-distrik, woed steeds buite beheer. Koeler nagtemperature en windlose toestande het egter bygedra tot beter uitkomste vir albei brande. Jo-Anne Otto van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit sê die warm, droë weer in kombinasie met maklik ontvlambare materiaal soos verouderde fynbos, uitheemse plantegroei, of ‘n kombinasie […]
Gegradueerde ingenieurs in werk-verknorsing - January 29, 2024
Die land produseer genoeg gegradueerde ingenieurs, volgens die Ingenieursraad van Namibië, maar hulle staar indiensneming-uitdagings in die gesig. Die oorkoepelende probleem is dat gegradueerdes nie as professionele ingenieurs kan registreer as hulle nie werk het nie. Ignatius Endyala, die Ingenieursraad se adjunkpresident, het meer inligting oor die verknorsing.
Eskom ontsluit netwerkkapasiteit vir windprojekte - January 29, 2024
Eskom het die langverwagte beperkingsbylaag by sy jongste assessering oor opwekking-verbindingsvermoë gepubliseer. Dis ʼn belangrike stap om broodnodige netwerkkapasiteit vir windprojekte in die Wes-en Oos-Kaap beskikbaar te stel. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het die bylaag goedgekeur. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê voor die bylaag was daar geen oorblywende netwerkkapasiteit in dié twee provinsies […]
Dodelike aanval op Soedan-grens eis meer as 50 lewens - January 29, 2024
Meer as 50 mense, insluitend vroue en kinders, is dood in aanvalle langs Suid-Soedan se grens met Soedan, in die nuutste van ‘n vlaag aanvalle sedert 2021 oor ‘n grensgeskil. Vier-en-sestig mense is gewond. Gewapende jeugdiges van Suid-Soedan se Warrap-staat het die klopjagte in die naburige Abyei-streek uitgevoer, sê Bulis Koch, die streek se inligting-minister. […]
Omgewingsbetogers in die sop … na sopgooiery - January 29, 2024
Twee omgewingsbetogers is gearresteer nadat hulle sop gegooi het na die Mona Lisa, wat agter ʼn glasskerm in die Louvre in Parys is. Hulle eis gesonde en volhoubare kos vir almal. Die omgewingsgroep Riposte Alimentaire het aanspreeklikheid aanvaar. Hy sê dis die begin van ʼn veldtog van burgerlike verset met ʼn duidelike eis vir die […]
NSA besig met derde fase van sensus-proses - January 29, 2024
Die Namibië Statistieke Agentskap onderneem tans die derde fase van die sensuskartering. Dit is die finale fase van die sogenaamde “post enumeration survey” genaamd die versoeningsoperasie, wat van 1 tot 14 Februarie uitgevoer sal word. Beamptes sal dan na huishoudings terugkeer waar die data van persone nie klop nie. Iipumbu Sakaria, die bestuurder van korporatiewe […]
Namibiër in Brittanje steek na bewering sy Namibiese meisie dood - January 29, 2024
’n Namibiese man sal na verwagting vandag in die Hull-landdroshof in Brittanje verskyn op ‘n aanklag van moord op sy 22-jarige Namibiese meisie. Die Humberside-polisie sê op Facebook ’n moordondersoek vind plaas ná die dood van die vrou vroeg Vrydagoggend in Hull. Die polisie het haar met steekwonde aangetref en sy is na ‘n hospitaal […]