
Kubaane gee raad aan Limpopo - January 30, 2024
Die LUR vir Limpopo Openbare Werke, Paaie en Infrastruktuur, Nkakareng Rakgoale, het die ontplooiing van tien Kubaanse tegniese adviseurs in die provinsie verwelkom. Dit is deel van die inwerkingstelling van die diplomatieke betrekkinge en bilaterale samewerking tussen Suid-Afrika en Kuba oor infrastruktuur. Rakgoale sê Kubaanse tegniese adviseurs sal die volgende drie jaar saam met die […]
Waarheen is die N$200 000 vir vloedslagoffers? - January 30, 2024
Die nasionale uitsaaier berig dat die Ohangwena-streekraad ‘n ondersoek na die verdwyning van 200 000 Namibiese dollar wat vir vloedslagoffers bedoel was, gelas het. Dié fondse is verlede jaar deur die Padfondsadministrasie aan die streekraad geskenk, onder die ampstermyn van die voormalige streekgoewerneur, Walde Ndevashiya. Daar word beweer dat die voormalige goewerneur se persoonlike assistent […]
Informele nedersettings, en onwettige verbindings groei saam - January 30, 2024
Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê hy is bekommerd oor plakkerskampe se groot aantal onwettige verbindings aan die metro se waterstelsels wat tot ongereëlde watervoorsiening lei. Die burgemeester het gister ʼn verrassingsinspeksie by die stad se waterinfrastruktuur in Mamelodi uitgevoer. Brink sê onwettige verbindings beteken selfs betalende verbruikers se krane raak droog en dit is […]
Nigerië looi juntas wat Ecowas verlaat - January 30, 2024
Nigerië sê die “onverkose” militêre owerhede in Niger, Mali en Burkina Faso laat hul mense in die steek met hul gesamentlike besluit om Ecowas te verlaat. Nigerië, wat die huidige voorsitter van die politieke en ekonomiese blok is, het vir die eerste keer kommentaar gelewer op die drie junta-geleide lande se aankondiging dat hulle onmiddellik […]
Imran Khan kry 10 jaar - January 30, 2024
’n Hof in Pakistan het Imran Khan vandag tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die uitlek van staatsgeheime. Dit is die swaarste vonnis nog teen die voormalige premier en krieketspeler in verskeie sake wat net dae voor nasionale verkiesings kom. Die spesiale hof het Khan skuldig bevind aan die bekendmaking van die inhoud van ‘n […]
Eerste poste vir verkiesings beskikbaar - January 30, 2024
Die Namibiese Verkiesingskommissie is hard aan die werk om verskeie tydelike poste te vul in aanloop tot die algemene verkiesing wat in November gehou sal word. Verskeie poste in al 14 streke is reeds geadverteer. De Wet Siluka, woordvoerder by die kommissie het die jongste.
Kommer oor Sentrale Intelligensie-diens en SIM-registrasie - January 30, 2024
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kommer uitgespreek oor die registrasie van SIM-kaarte. Navorser Frederico Links sê Sentrale Intelligensie-diens het toegang tot alle inligting en data. Die diens is gesetel in die Kantoor van die President en volgens Links is daar geen oorsig of beheer oor wat die diens doen en watter inligting hy […]
Daar’s nog geen cholera in Namibië nie - January 30, 2024
Die gesondheidsministerie sê daar is geen rede tot kommer oor cholera nie omdat daar nog nie een geval aangekondig is nie. Die land het in 2014 laas ‘n uitbreking gehad met gevalle in Kunene en Khomas. Volgens Walters Kamaya, ministeriële woordvoerder, is hulle in noue kontak met veral hulle Zambiese eweknieë. Daar is tans 13 […]
Is dit koebaai aan Hello-skyfies? - January 30, 2024
In ‘n video wat wyd gedeel word op sosiale media, word daar melding gemaak van Hello-aartappelskyfies wat blykbaar baie fyn glas bevat. Die handelsmerk het ook die nuus in Suid-Afrika gehaal. Aktivis Michael Amushelelo sê hy het self daarna gekyk en dit wil so voorkom. Die gesondheidsministerie sê die kwessie geniet sy aandag en ondersoek […]
Perseverance bevestig Mars het water gehad - January 30, 2024
Nasa se Perseverance het data ingesamel wat die bestaan bevestig van antieke meersedimente wat neergelê is deur water op Mars. Dit is in ‘n reuse-kom op die planeet gevind en sou die Jezero-krater gevul het. Die bevindinge van gronddeurdringende radarwaarnemings wat deur die ‘robot-rover’ uitgevoer is, staaf vroeër data wat wetenskaplikes laat teoretiseer dat dele […]