Fase-vyf beurtkrag is op pad

Eskom handhaaf tans fase drie-beurtkrag tot vier-uur vanmiddag in die buurland. Daarna sal fase vyf tot môreoggend om vyf-uur in werking wees, wanneer die kragvoorsiener tot vier-uur die middag weer fase drie-beurtkrag sal toepas. Eskom se  tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die verwagte toename in aanvraag na die Paasnaweek sal bykomende druk op die kragopwekkingstelsel plaas en kan op kort kennisgewing […]

Read More

Man skiet 5 dood in Kentucky bank

Die polisie ondersoek die motief vir die moord op vyf mense in die Ou Nasionale Bank in Louisville, Kentucky. Agt mense is beseer, waaronder twee polisiebeamptes. Die polisie glo die skieter, wat ook op die toneel dood is, het alleen opgetree en was ‘n vorige bankwerknemer. Hy het ‘n AR-15-tipe geweer gebruik. Burgemeester Craig Greenberg […]

Read More

BRICS se ekonomiese groei kan globale balans swaai

Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper sê berigte dat BRICS lande tans ekonomies sterker is as die G7 lande, in terme van BBP is nie korrek nie maar, voeg by dat die groep sterk groei. BRICS sluit Brasilië, Indië, China, Rusland en Suid-Afrika in en dra tans 31,5 persent van die globale BBP by. Klopper […]

Read More

Olie sal nie werk skep nie, maar, die winste kan jeug oplei

Die deurwinterde ekonoom, dr. John Steytler, is van mening dat die olie-ontdekking nie baie werk sal skep nie. In sy mening, word die stand van sake vererger deur die feit dat die massas werklose jeug nie van vaardighede beskik om enige werk te bekom nie. Terwyl daar inkomste is van olie, moet dit aangewend word […]

Read More

BoN moet plan maak, Nam-verbruikers kan nie aan SA uitgelewer wees nie

Die rentekoers bly in die nuus. Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab het aangedui dat ‘n verhoging van 25 basispunte op 19 April sal moet plaasvind as inflasie nie nader aan 6 persent beweeg nie. Dit gebeur op die oomblik nie en om sake te vererger, is die sentrale bank reeds 75 […]

Read More

Kanime tree op 28 April af, doodstil daaroor

Die hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime sal volgens berigte op 28 April aftree met drie beamptes wat hulle oë op sy pos het. Volgens wat berig word stel sy adjunk, Leevi Ileka, die hoof van die diens se verkeersafdeling, Adam Eiseb en die hoof van regsaangeleenthede Eliaser Iiyambo, belang in die pos. Maar, daar is ook bewerings dat verskeie Nampol-streeksbevelvoerders belangstel. Terwyl Kanime nie kommentaar wou lewer nie, het […]

Read More

Wlotzka-ontwikkeling: Goewerneur sê oor watervoorsiening

Die opknapping en formalisering van Wlotzkasbaken, net noord van Swakopmund, is in die nuus. Die beplanning sluit winkels, moderne woongebiede en ‘n plaaslike administrasie in. Die Erongo-streeksraad het ‘n omgewingsimpak studie van stapel gestuur vir die projek. Wlotzka, soos dit bekend staan onder inwoners aan die kus, word gekenmerk deur verafgeleë huise met hul eie […]

Read More

ANC sal Interpol vir tweede rooi kennisgewing moet vra oor Gupta-broers

Accountability Now se direkteur, Paul Hoffman,  sê Suid-Afrikaanse owerhede sal Interpol nou moet oortuig om ‘n tweede rooi kennisgewing vir die Gupta-broers uit te reik. Dit volg nadat die  Verenigde Arabiese Emirate Suid-Afrika se versoek om Atul en Rajesh Gupta uit te lewer, verwerp het. Die broers word in Suid-Afrika gesoek in verband met bedrog […]

Read More

Tafelberg vra stemme vir toerisme-toekenning

Tafelberg herinner Suid-Afrikaners om te stem om te help dat die berg die titel behou as Afrika se Voorste Toeriste-aantrekking. Die stemproses in die Wêreld-reistoekennings eindig aan die einde van die maand. Die ikoniese berg ding mee met groot name soos Robbeneiland en die V&A Waterfront, die Piramides van Giza en Berg Kilimanjaro. Die besturende […]

Read More

Vier-jarige dood na pa se voertuig agteruit rol

‘n Uiters hartseer verhaal het hom op Goeie Vrydag op Onayena in die Oshikoto-streek uitgespeel. Omstreeks half-sewe die aand het ‘n 36-jarige Namibiese man sy Golf-voertuig buite die huis gelos met aankoms van die werk. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het sy twee minderjarige kinders, 4 en 5 jaar oud, na hom gehardloop om […]

Read More