DRK-President sluit onderhandelinge met M23-rebelle uit

Die President van die Demokratiese Republiek die Kongo, Félix Tshisekedi, het die moontlikheid om met die M23-rebelle te onderhandel, uitgesluit. Die groep is ingevolge ‘n internasionale ooreenkoms besig om te onttrek aan gebiede waar hulle in beheer was. Die groep het vantevore gesê hulle verwag onderhandelings met die regering. Die President sê egter hulle sal […]

Read More

Tennis: Djokovic uit Monte Carlo Meesters

Tennis: Lorenzo Musetti het die grootste oorwinning van sy loopbaan behaal toe hy die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, by die Monte Carlo Meesters geklop en na die kwarteindronde deurgedring het. Die 21-jarige Italianer het agt keer op die Serwiër se afslane deurgebreek en hom met 4-6, 7-5 en 6-4 verslaan. Die verdedigende kampioen, […]

Read More

Voedsel-inflasie plaas druk op huishoudings

Voedsel en nie-alkoholiese drank behou hul top-posisie as die hoofdrywer van inflasie in Namibië, en het in Maart 2023 ‘n toename van 14,6 persent op ‘n jaargrondslag aangeteken vergeleke met 4,6 persent in Maart 2022. Op ‘n maandelikse basis het prysvlakke vir hierdie kategorie gedurende Maart met 0,9 persent gestyg vergeleke met een persent wat […]

Read More

SA kry beleggings in energieprojekte

President Cyril Ramaphosa sê hulle het beloftes van reuse-beleggings van sakeondernemings ontvang. Die beloftes sluit ‘n belegging van een miljard Suid-Afrikaanse rand in deur Turkye se Menar Group in termiese steenkool-mynwerk in Mpumalanga, en Hive Hydrogen se belegging van 105 miljard rand in ‘n groenwaterstof-produksie-aanleg in Coega in die Oos-Kaap. Ramaphosa sê ontwikkeling en werkskepping […]

Read More

Man in Swede vas oor verspreiding van militêre inligting

‘n Man is in Swede daarvan aangekla dat hy sensitiewe militêre inligting versprei. Die Sweedse polisie sê die man het geheime inligting oor talle militêre instellings besit en versprei. ‘n Senior amptenaar van die vervolgingsgesag, Lars Hedvall sê in ‘n verklaring dit word as ‘n ernstige misdaad beskou omdat dit inligting oor Swede se vermoë […]

Read More

Motorsport: Ierse tydrenjaer sterf in ongeluk in Kroasië

Motorsport: Die Ierse Wêreldtydren-kampioenskapsjaer Craig Breen is dood in ‘n ongeluk in Kroasië. Die 33-jarige Hyundai-bestuurder het geoefen vir volgende week se Tydren Kroasië in die Oos-Europese land toe sy motor tydens ‘n spantoets van die pad af gery het. Sy mede-bestuurder en landgenoot, James Fulton, het ongedeerd daarvan afgekom. Die span van Suid-Korea het […]

Read More

Stad Windhoek begin omskakelingsproses van koopkrag-meters

Stad Windhoek herinner alle inwoners wat voorafbetaalde elektriese meters het, aan die implementering van die Token Identifier Rollover-projek. Die omskakeling sal tot 24 November 2024 plaasvind. Daarna sal inwoners wat nie aan die omskakelings-proses deelgeneem het, nie elektrisiteit vir hul meters kan koop nie, verduidelik die stad se woordvoerder Lydia Amutenya aan Kosmos 94.1 Nuus… […]

Read More

B2Gold gaan Otjikoto-myn sluit

Die Kanadese mynmaatskappy B2Gold gaan sy Otjikoto-goudmyn sluit. Die Namibiese bestuurder, John Roos, sê in ‘n mediaverklaring die afskaling van die werksmag by die myn, geleë tussen Otjiwarongo en Otavi, en die hoofkantoor in Windhoek sal nou begin. Konstruksie van die myn het in April 2013 begin en kommersiële produksie het op 1 Maart 2015 […]

Read More

Energieminister het aggressiewe plan teen beurtkrag

Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, sê sy departement se plan om beurtkrag te verlig sal aggressief wees. Hy het gepraat by die vyfde Suid-Afrikaanse beleggingskonferensie in Sandton, Johannesburg. Die minister sê Eskom het steeds ‘n verpligting om te belê in die produksie van gehalte steenkool want sy kragstasies word tans deur steenkool aangedryf. […]

Read More

Voortgesette herstel in lugvaart-sektor

Positiewe passasiers- en vragverkeer in Februarie dui op voortgesette herstel in die lugvaart-sektor. Totale lugredery-passasiersverkeer het in die maand met 55,5 persent gestyg vergeleke met Februarie 2022. Wêreldwyd is verkeer nou op 84,9 persent van Februarie 2019-vlakke. Die wêreldwye vraag na lugvrag het met 7,5 persent gedaal, vergeleke met Februarie 2022. Maar die vraag in […]

Read More