Galp begin boorwerk aan Mopane 1-A-evalueringsput
Die Portugese oliemaatskappy Galp het begin om sy Mopane 1-A-evalueringsput te boor, ná die aankoms van die boorskip Santorini. Die evalueringsveldtog vind plaas in blokke 2813A en 2814B, deel van PEL 83, in die Oranjebekken aflandig Namibië se suidkus. Galp is die operateur in die blokke en hou ‘n 80 persent belang, met Custos Energy […]
Help Bybelgenootskap om Bybels in inheemse tale te druk!
Die voorsitter van die Bybelgenootskap van Namibië, Schalk Botha, sê hulle het ‘n tekort aan Bybels wat in inheemse tale vertaal is. Weens min fondse kan hulle nie grootmaatbestellings van China en Suid-Korea maak waar dit gedruk word nie. Die genootskap druk en verkoop Bybels in onder andere Oshiwambo, Otjiherero, Rukwangali en Khoekhoegowab. Tans het […]
Olieprys-vooruitsigte steeds duister
Die oliemark ervaar aansienlike wisselvalligheid as gevolg van ‘n kombinasie van faktore, insluitend oortollige wêreldproduksie, swak Chinese vraag en geopolitieke spanning tussen Iran en Israel. Terwyl geopolitieke risiko’s ‘n potensiële bedreiging vir aanbod inhou, het die veerkragtigheid van Amerikaanse olieproduksie en Opul se pogings om die mark te stabiliseer ‘n mate van balans verskaf. Die […]
Amerika verwyder 20 ambassade-personeel uit Haïti
Geweld het toegeneem in Haïti se hoofstad, Port-au-Prince. ʼn Helikopter van die Verenigde Nasies is deur geweervuur getref en twee bendes teiken blykbaar voertuie van die Amerikaanse ambassade. CNN berig die aanvalle en ʼn toename in bende-bedrywighede naby die ambassade het amptenare laat besluit om tot 20 diplomatieke personeel uit die hoofstad te verwyder. Bendes […]
Bok-agsteman lei die Bulle teen Benetton in Treviso
Rugby: Die Springbok agtsteman, Elrigh Louw, sal die Bulle in vanaand se Verenigde Rugbykampioenskapwedstryd teen Benetton in Treviso aanvoer nadat hy van harsingskudding herstel het. Die veteraan Marcell Coetzee en die opkomende ster Reinhardt Ludwig vorm saam met hom die lostrio. Ludwig het die span verlede week aangevoer toe hulle teen Scarlets verloor het na […]
Slegte prognose vir jong walvis by Onafhanlikheidstrand
Namibia Ocean Conservation het gister in ‘n plasing op sosiale media gesê ‘n jong boggelrugwalvis het uitgespoel op Onafhanlikheidstrand in Walvisbaai. Gisteraand 10-uur het die groep ‘n noodroep uitgestuur aan die publiek om die walvis te help terugstoot in die see. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van Ocean Conservation gepraat vir ‘n opdatering. […]
Adjunkregterpresident Hosea Angula word appèlregter
Hosea Angula, adjunkregterpresident van die hoërhof, is as appèlregter in die hooggeregshof aangestel. Angula se aanstelling is Vrydag deur die Regterlike Dienskommissie aangekondig, en is effektief vanaf 1 Desember. Angula dien sedert 2015 as adjunkregterpresident, en is ook sedert 2018 ’n waarnemende appèlregter van die hooggeregshof.
Sewe mense in Bishop Lavis doodgeskiet
Die Wes-Kaapse polisie sê een van die beseerdes wat met ernstige hoofbeserings in die hospitaal was, na ‘n massaskietvoorval in Bishop Lavis, is dood. Nog vier mans en twee vroue is gisteraand vermoor. Die polisiewoordvoerder, Andrè Traut, sê ʼn gewapende verdagte het gisteraand omtrent 20 voor nege by ʼn informele woning in Kogelbergstraat ingegaan en […]
Nuwe All Black-kaptein versigtig vir Japan
Rugby: Die All Blacks-slot Patrick Tuipulotu is skrikkerig vir Japan in môre se toets in Yokohama. Hy sal Nieu-Seeland aanvoer terwyl die gereelde kaptein, Scott Barrett, nie saam na die ooste gereis het voor hulle Europese toer met wedstryde teen Engeland, Ierland, Frankryk en Italië nie. Die All Blacks is die gunstelinge om môre te […]
Vermeende pedofiel Maree se bekentenis toelaatbaar
Regter Philanda Christiaan het beslis dat die bekentenis wat vermeende pedofiel Johann Maree ná sy arrestasie gemaak het, toegelaat word in sy verhoor. Maree het ‘n aansoek gebring om dit ter syde te laat stel en beweer dat hy deur polisiebeamptes gedwing is om te bieg. Hy word daarvan aangekla dat hy talle jong seuns […]